Posts

Showing posts from August, 2016

Kamp Staaldraad met die Coetzee-kindertjies

Woensdagaand bel my man van die Namibiese grens af. Hy vermoed hy gaan dalk nie sein hê tot Sondag nie. Ek voel hoe ek benoud raak. Lambrecht is dikwels van die huis af, maar hy het altyd selfoon sein. Selfs uit Amerika en China kon ons altyd iewers gedurende die dag of nag met mekaar gesels. Ons het altyd “nag” en “môre” gesê alhoewel ons dagtye verskil. Nou was dit ek en Amé en Daniël, op ons eie, tot Sondag. In hierdie halwe week leer Daniël “poef” sê en hy doen dit ook as hy voel dis sulke tyd – ongeag waar ons, ons bevind. Hy spreek sy nuwe woordjie hard en duidelik uit vir die hele wye wêreld om te hoor. Ons kinders is wonderlik, maar in hierdie halwe week verinneweer hulle, hulle ma. Hulle baklei oor alles. Sussie wil wolf-wolf speel en boetie is die wolf. Hy wil nie wolf wees nie. Of sy wil huis-huis speel, maar hy wil nie die baba wees nie, of polisie-polisie, maar hy wil nie in die tronk geprop word deur sy suster nie. Hulle spring trampolien en sussie spring t