Posts

Showing posts from November, 2020

Die 12de Jaar

Image
  Twaalf jaar het verbygevlieg. Dit voel soos ‘n leeftyd gelede. Steeds onwerklik. Op hierdie dag twaalf jaar gelede was die sonsondergang besonders mooi. Dit was meer oranje as rooi. Ons het gekyk hoe dit stadig ondergaan, en dan plotseling net weg is. Ek het daardie aand gedink: Hierdie sonsondergang het my ma misgeloop. En sy sal geen sonsondergang hierna ooit weer sien nie. Ons was oppad Kakamas toe van Bloemfontein af. Ek kan nou nog Ds. Peet se stem oor die telefoon hoor. Al het twaalf jaar al verloop. Elke liewe jaar probeer ons sussies hierdie dag net verby kry. ‘n Week gelede besluit ek, ek wil op hierdie dag iets betekenisvol doen. Ek vra Nadia of sy nie kans sien om my te begelei op my verste drafroete ooit nie. Sy is ‘n gesoute hand. Nadia laat haar ook nie twee maal nooi nie. Iewers deur die week besef ek dat die weer nie gaan saamwerk nie. Gisteraand re ë n dit katte en honde. Ek boodskap Nadia om te hoor van ons drafplanne. Sy stuur terug – koffie en ‘n piesang v

My Pa se Strandfontein 60ste

  In Januarie stap ek en my middelste Marietjie-sussie op Strandfontein se strand en droom van die perfekte 60ste partytjie vir my pa. Ons eerste gedagte is ‘n lang gedekte tafel op die stofpad oppad Makkiesplaas toe. Ons sal wit tafeldoeke gebruik met baie kerse. As die son sak sal dit ‘n 60ste raak in die Boesmanland wat niemand sal vergeet nie. Stilte...sterre...en natuurlik ongelooflik baie en lekker kos. Al my pa se gunstelinge. Daar moes ingelegde sousboontjieslaai volgens ouma Ans se resep wees. Die roosterkoek sou bedien word met sagtevet en soet konfyt. Die vleis moes dood gaar gebraai wees, want dis hoe my pa daarvan hou. O ja, en daar moes gemarineerde lieslappies wees om die aand mee af te skop. Nagereg sou wit koek wees. Met min versiersuiker, want my pa glo die lekkerste koek is sonder versiersuiker. Toe onthou ons van die wind op Makkiesplaas. Dit kan ‘n sprokiesagtige 60ste saam met alle bure en familie laat ontaard in ‘n nagmerrie. Waarheen sal alle gaste gaan vir to