Posts

Showing posts from February, 2018

Spog storie

Image
Kleine George maak Donderdag sy opwagting en die Millers hou hul asems op. Dis immers die eerste boetiebaba in hulle familie. Anmari en Andréa tel ook die slapies na hul boetie se koms. Ek praat gisteraand met my kleinste sussie wat tans die grootste is. Nee, haar lyf voel nou nie meer lekker nie. Daar lê al die laaste twee dae knippies op haar badkamer vloer wat sy net nie kan bykom nie. Dis ‘n taak en ‘n half om iets op die vloer by te kom oor haar maag. Sy was maar besig hierdie twee weke wat verby is. Sy het vier baksels koekies gebak en mooi in glasflesse verpak om vir mense te gee as dankie geskenkies. Dit was egter smiddae so warm dat sy maar voor die waterverkoeler op hul bed gesit het om die koekies op mekaar te plak. Dit was die koelste plek in hul Boesmanland huis. Ek wonder hardop waarom sy nie maar sjokolade kon koop met ‘n mooi lint om, soos normale mense maak nie. My flukse hoogswanger sus lag my opmerking af. O ja, en dan het sy nog vir haar dogtertjies e

hoop

Baie dinge kan in ‘n week se tyd verander, besef ek net die afgelope week weer. Iewers het ek tred met dag en datum verloor. Alles gebeur in ‘n ritme op ‘n tydlyn. Ek kan die kolletjies onthou en verbind, en dis dit. Baie seisoene gelede het dit my ontstel as ek nie gereeld die nuusberig op RSG hoor nie, of as ek die Saterdag se Burger misloop. Nou pla dit my eerder dat daar kindertjies honger gaan slaap, of dat mense se tuine baldadig groen is al het hulle boorgatwater – want water bly water. En dis iets wat jy nou met die grootste respek moet gebruik en verbruik! Ek praat gewoonlik op Sondae aande met my pa. Met ons laaste gesprek klink my pa maar moedeloos. Dit bly droog. Hy moet water aanry na Korannerkolk. Die probleme hou nie op nie. Ek vra nie meer uit of die skape vrek nie. Ek weet hulle doen. Ek wil dit net liewers nie hoor nie. Verlede week kom die nuus uit die Boesmanland – dit het gereën. Oppad terug van bybelstudie het die water so dik oor die pad geloop dat my pa