Hoop in die droogte
My pa boer van altyd af in die Boesmanland. Hy is gebore op Makkiesplaas. Sy grootjies en sy pa en my ma se grafte lê almal in die familie begraafplaas. Soms vra ek of dit die moeitewerd is om hier aan te gaan? Die Boesmanland is ‘n harde wêreld. Dan antwoord my pa – “Dis dan al wat ek ken my kind, waarheen sal ek anders gaan?” Ek praat gisteraand weer met my pa oor die foon. Ek vra altyd oor die veld en die skape. Die Boesmanland stof is immers ook in my bloed. Die laaste tyd raak die stories amper vir my te erg om te hoor. Skape wat die bakkie byna bestorm omdat hulle weet dis kos. My pa sê dis die laaste tyd ‘n gesukkel om sy bakkie se deur oop te kry. Die skape “omsingel” amper die bakkie. Hy vertel van die droogtelammertjies wat vrek omdat die mamma hulle eenvoudig wegsmyt. Hy kan nie meer die skape vol kry nie, daar is eenvoudig nie genoeg voer nie. Hy hou hulle net aan die lewe. My pa is ‘n groot man, maar hy sê hierdie droogte laat hom huil soos ‘n kind. Anderdag kom h...