Posts

Showing posts from November, 2010
Image
Lekker was nog nooit so lekker Ek’s van daardie vervelige mense in die lewe wat eers dinge mooi oordink voor ek doen. Ek gaan nooit in my lewe “bungee jump” doen nie en die Kobra in Ratanga was ‘n verskriklike vreesaanjaende ervaring. Maar gisteraand het ek terwille van my Wilma-vriendin wat al in die na   nag saam met my gehuil het oor seergoed, die waaghalsige gedoen. Na werk is ek in my betroubare silwer Grietjie al die pad Paarl toe vir Wilma se kwarteeu viering. Anders as so baie ander, is sy regtig trots oor hierdie nuwe jaarring wat by 24 ander gevoeg is. Sy belowe my per epos dat die partytjie nie laat sal aanhou nie. Dis darem immers die volgende dag ‘n gewone werksdag. Uit ondervinding weet ek dat Wilma die waarheid effe sal skeef praat om my in die Paarl te kry. Met my afklimslag by haar huisie, staan die glasie witwyn gereed. So ken ek Wilma. Ons poeier eers ons neuse en dan vat ons die pad na 10 Chapters. Dis so oulike plekkie met regtig ‘n lekker atmosfeer. Wilma se
Image
Skuinskoek soos my ma s’n Dit spook nou al weke by my. Ek besluit egter dat my eerste skuinskoek bak baie spesiaal sal wees. Ampertjies soos jou eerste slaap saam met ’n man. Die resep wat my ma vir haar drie dogters nagelaat het, staan byna ’n maand voor in my resepteboekrakkie sodat my oog dit elke môre moet raaksien.   Net na my 26ste verjaarsdag besluit ek dat die tyd aangebreek het. EK gaan koop die bestanddele by Pick-’n-Pay. Baie versigtig dat als, van die koekmeel tot die margarien, net die beste is. My ma was baie kieskeurig oor die soort margarien waarmee jy behoort te bak. Tussen tientalle variasies op die margarienrak grawe ek ’n blok uit van die soort wat altyd in ons plaasvrieskas was. Die anys druk ek eers teen my neus om te ruik of dit vars en na anys ruik. Die bestanddele staan nog ’n week in ’n netjiese rytjie op my beknopte woonstel kombuis(ie) voordat ek ’n erdeskottel by Nicolene, die skool se huishoudkunde juffrou, gaan afbedel vir leen die naweek. Saterdagmôre is
Image
Onkant betrap: My kombuistee Lambrecht kondig Donderdagoggend half onverwags aan, terwyl ons in die Kaap is, dat ons Saterdagoggend net vinnig Ceres toe sal moet ry om my verjaarsdaggeskenk te gaan optel by Georgie. Voor ek myself kan keer vlieg al my mooi voornemens om te dink voordat ek praat, by die agterdeur uit. Ek dog ek hoor verkeerd toe Lambrecht, n á my hele klaaglied, steeds beslis aankondig dat daar Ceres toe gery sal word. Ongeag... Ek trek my lippies so dun soos ek my ma al in die verlede sien doen het. Verskil is net dat ek destyds nie lekker besef het presies hoe de hel in mens moet wees om op daardie dun lip-stadium te kom nie! Tog interessant dat niemand jou ooit hoef te leer waar en wanneer jy dit op die man in jou lewe moet inspan nie. Dit kom vreeslik natuurlik! Na ’n halfuur se vreeslike onsmaaklike dunlip-stilte aan my kant het ek mooi omverskoning gevra en my vir die res van die tyd tot Saterdag geweldig goed gedra. Saterdagmôre pak ons dan nou so die pad Ceres

Kersfees by HOPE

Ek gaan besoek Maandag saam met ’n groep goedhartige Hoërskoolkinders ’n huis vir hawelose kinders. Mens ry nooit by so besoek weg sonder om op een of ander manier aangeraak te word nie. En hierdie keer is geensins anders nie. By ons aankoms is die kinders aanvanklik effe skugter – en die hoërskoolkinders totaal oorweldig met wat hulle sien. Ons kinders slaan dadelik ’n fraai kersboompie wat Marse spotgoedkoop by die plaaslike Pick-’n-Pay kon kry op. Dan word die ander kindertjies bymekaargeroep vir die Kersverhaal. Die kleintjies kom maklik en spontaan. Uit die hoek van my oog bemerk ek ’n ouer meisie wat alles net stil sit en bekyk. Ek gaan sit langs haar en hoor dat haar naam Franciska is. Ek vra oor haar skool en leer dat sy deel is van ’n oorvol klas. Ek leer ook dat sy wel ’n pa en ma het, maar dat haar ma haar op Maandae HOPE(die huis se naam) toe stuur vir brood. Sien, blykbaar kry HOPE op Maande brood wat reeds verby hul vervaldatum is by Pick-’n-Pay. Hoe langer die gesprek du

Ek tel die slapies!

Die afgelope naweek was die laaste naweek voordat my “hero” voet aan wal sit na sowat vier maande met hom in die verre Engeland en my hier in ’n minder sonnige Suid-Afrika. Van hierdie naweek het ons egter iets so spesiaal gemaak. Wilma het Saterdag op die middag arriveer en aangesien ek Erika se huis (op my aandrang) opgepas het, het ons lekker baie spasie en ontspanplek gehad vir diep gesels. Ek en Wilma het die middag lui omgekuier op Erika-hulle sê sagte sjokoladebruin banke. Tussen gesels deur het ons weggelê aan Spar se diep lekker baconrolletjies en kaas en worsies en alles wat lekker is en wat jy nie die tyd van die jaar behoort te eet as jy wil goed lyk in jou bikini nie! Ons het die pad gevat na Georgie se huis – mooi op tyd dat ons nie die rugby hoef te mis nie. En Wilma glo dat mens nooit rugby kyk sonder ’n lekker wyntjie nie. Sy’t ons behoorlik bederf met die aller lekkerste bottel uitvoer wyn van Colors. Die wyn se naam is Mooi. En glo vir my – die bottel is net so mo