Posts

Showing posts from March, 2016

Chappie-papiertjies jok soms vreeslik

Iewers lank gelede het ek een maal in ‘n geel Chappie papiertjie se “Did you know” gelees dat ‘n mens begin breinselle verloor vanaf die ouderdom 30. Die gedagte was absoluut vreesanjaend. Ek kon selfs na 30 voel hoe my breinselle daagliks verminder. Ek het gewonder hóé min breinselle jy teen die einde van jou leeftyd oor het. Toe ontmoet ek my skoonouers en die Chappie-papier feit maak glad nie meer so lekker sin nie. (Skuus pappa, pappa tel nog nie hier nie. Eers na 60 kwalifiseer om my storie lekkerder te maak!) Hulle is vol ondernemingsgees en interessante idees en planne. Ek begin draf soggens saam met ‘n drafgroep en oom Danie draf stof in ons oë terwyl hy intelligente gesprekke voer. Oom Danie is ook al verby 60. Bogenoemde het die hoop in my laat opvlam. Emsie stel my anderdag voor aan: Healing begins with the sanctification of the heart , geskryf deur Dr. MK Strydom. Niks wolhaar feite nie, weldeurdagte navorsing met teksverwysings uit die Bybel. Die boek is h

Chameleon: 110% Afrikaans

Sondagoggend nooi Van Heerden en Micha ons na Chris Chameleon by Neetlingshof – deel van die Woordfees, Sondagaand. Dis ‘n buitelugkonsert. Ons wik-en-weeg eers verskriklik. Ons het eintlik reeds ‘n koffie afspraak. Sondagaande is heilige tyd in ons huis. Ons is sommer net rustig en berei onsself sielkundig voor vir wat die week ookal mag inhou. Maar Chris Chameleon het gisteraand my lewe verander! Dalk is ek besig om ‘n raps te oordryf, maar dit was werklik ‘n voortreflike vertoning. Ons vertrek Sondagnamiddag uit Wellington met lywe wat tam is van die hitte. Ons bakkie se lugversorger hol op vier strepies. Hoe nader ons aan Stellenbosch kom, hoe koeler raak dit. Toe ons ons oor die bult by Cloetesville ry, lyk dit selfs na reën. Die wind waai teen ek weet nie hoeveel knope nie. (Baie knope dink ek!) Selfs toe ons by Neetlingshof se hekke deur, lyk dit na ‘n onplesierige aand. Ons skrop vinnige nes saam met Micha en Van Heerden. Kampstoele, piekniekkombersies en ver

Fast en Easy aan die orde van die dag...

Image
Ons   word Woensdag genooi vir na- werk drankies. Dis ‘n Veertigste. Dis vir my ‘n absolute nuutjie – ons eerste vriende raak 40. Ek het Woensdag besluit dat ek mal is oor hierdie nuwe seisoen van veertigste verjaarsdae. Almal by die partytjie is ‘n raps ouer. (Ouer as 30) Byna almal het kinders. Byna almal slaap min. Byna almal is op presies dieselfde bladsy. Dis so lekker, want ons praat dieselfde taal. Die partytjie is feestelik. Motors staan die straat vól. Mareli en Rudi kán partytjie hou. Gaste word trakteer op die beste wyn en beste spyse. Die vuurtjie en musiek dra by tot die feestelikheid. Ek en Marlize gesels mekaar iewers gedurende die aand raak. Sy is van daardie mense wat jy wil in huur om jou partytjie lekkerder te maak. Sy en haar man. Diè spog met ‘n stem wat enige dag by RSG kan begin uitsaai. Marlize is ‘n Noord-kaper gebore. Ons gesels sommer oor die vinnige pas van die lewe. Sy moet erken, begin bieg sy. As jy op haar google-history ingaan, is daa