Posts

Showing posts from June, 2016

Ouerskap is 'n wille rit!

Ek neem vanoggend 'n lang skuimbad in my sussie se groot hoekbad, met 'n masker aan, terwyl ek Die Burger se bylaag lees. Ek doen dit in doodse stilte. Marli is steeds in Thailand, en as sy nie hierdie lees nie, hoef sy nooit eens te weet dat ek hier was nie. Ek sit my grimering tydsaam aan voor haar groot spieël terwyl ek liedjies neurie in my kop. Toe maak ek koffie in haar grootste koffiebeker met die blou "FAITH" daarop. Ek drink die koffie slukkie-vir-slukkie terwyl ek Die Burger aandagtig lees. Ek het die oggend af. Ek het verlof ingesit by die hoof van ons huis. Hierdie ma het tyd met haarself nodig. Verlede week stuur my Anneen-niggie 'n stemboodskap aan. Hul lieflike eersteling, Elsje, is maar 'n skrale twee wekies oud. Anneen se stem klink lewensmoeg. Julle kon my beter gewaarsku het - begin haar stem ietwat verwytend. En net daarna sê sy dat sy versot is op hul nuwe pop, dis net baie anders as wat jy jouself ooit kan voorstel. Ek