Posts

Showing posts from July, 2012

Mimosa Mall se Wimykoffie

Wimpykoffie was iets wat ons altyd as student kon bekostig. Ons moes mooi werk met die swaarverdiende sakgeld wat my pa elke maand in ons Standardbank studenterekenings inbetaal het. Ek en Marietjie weet hoe werk droogte op ‘n Boesmanland plaas as die niks kniehoog groei. Daarom het ons nog altyd die grootste respek gehad vir my pa se geld.   Elke Vrydag na klas het ons vir ‘n namiddaguitstappie Mimosa Mall toe gestap. Toe was dit oraait om nie ‘n kar te h ê nie. Net baie rykmense se kinders het karre gehad. Die res van ons moes maar stap. Ons ouers het darem gesorg dat ons ‘n “pepperspray” het vir alle kilometers   wat te voet afgel ê moes word! Ons sou eers by Pick-n-Pay aandoen vir die volgende week se inkopies voordat dit tyd raak vir Wimpy. My en Marietjie se lysies was altyd baie eenvoudig. My ma het immers na elke vakansie ‘n hele voorraad bakkies met gaar kos ingepak – dis nou van bobotie tot gevriesde braaivleis en boerbrood. Dis nou buiten die ingelegde konfyt, sou

Dis 'n land

“Dis ‘n land van kleure en klank,   dis ‘n land van oorvloed en dank, dis ‘n land wat almal na strewe, dis ‘n land sonder horison en, dis ‘n land wat weet hy kan, ook ‘n blyplek neerl ê vir my.                                                                    - Carike Keuzenkamp (Dis ‘n land)- Gister staan ek in ‘n lang ry in Pick-n-Pay.   Die oom heel voor in die ry kan so my oupa se ouderdom wees. Hy dra nog lang rugbykouse soos my pa. Toe dit betaaltyd raak ruk hy sy tjekboek uit. Almal in die ry trippel ongeduldig rond. Die oom gebruik egter sy tyd om die tjek netjies uit te skryf.   Ek staan verstom. Ek het nie eens geweet daar bestaan nog iets soos ‘n tjekboek nie!   Ek het net twee pakkies maalvleis wat met rooi plakkers op “special offer” is wat ek moet betaal. Barbara, die kassier, gee die pakkies net een kyk en s ê dan: “Jistie Mevrou, die is ‘n vreeslike goeie prys. Hulle was die ‘previous weekend’ nog ‘sixty rand’ ‘n pakkie. Ek gat vra dat hul

Pofadder mag maar skou hou

Donderdagnag ry ons Pofadder in, om middernag. Vir Pofadderskou.   My Marietjie-sussie staan aan stuur van Pofadderskou se koffie k ê ffie. Haar ousus en kleinsus het besluit om kragte saam te span en ondersteuning te bied. Marli het heelweek gehelp met die k ê ffie voorbereidings – van spyskaarte skryf tot windpomp vlerke verf vir swartbord spyskaartborde.   Vrydagm ô re gesels ons nog wasem uit toe ons voor Pofadder se boereverenigingsaal wag dat oom Ghirrie moet kom oopsluit. Soos die vrouens arriveer kom laai elkeen eers ‘n koek of tert vir die k ê ffie af. Marietjie en haar twee oorywerige sussies (Ek was die een) en Anel spring dus toe Vrydagm ô re weg by die koffie k ê ffie. Marietjie se spyskaartjie is tog te interessant…van moerkoffie tot ‘n Mocha. Van maaskaastert tot jaffels. Noem dit en ons het dit.   Van laat slaap is daar sommer al Vrydagm ô re nie kans vir my man nie. Sy swaer help immers septer swaai by die opgeslaande kroeg in die tent langs die boereverenin