Posts

Showing posts from April, 2016

Sjokolade en die liefde

Woensdagaand gaan kyk en manlief na die fliek, Chocolate, onder Wellington se sterrehemel. Die buitelug fliekaand word aangebied deur die Breytonbach-teater op die dorp. Tuinmeubels en kersliggies is die enigste dekor. Pizza en wyn is op die spyskaart. Die atmosfeer is lig en romanties. Halfpad deur die fliek moet ons stywer sit en ons piekniekkombersie oor ons gooi. Die Bolandlug raak herfs. Ek kyk die fliek vir die soveeelste keer, maar dis manlief se eerste. Juliette Binoche vertolk die hoofrol en laat sjokolade amper na iets heiligs lyk. Haar kliĆ«nte verbruik haar sjokolade bietjies-vir-bietjies, met agting,   maar elke proe laat jou eie mond kwyl. Ek en manlief vertrek net na 22:00, met ‘n yslike lus na sjokolde. Ons stop oppad huistoe by Engen se Terbodore vir goeie warm sjokolade. Manlief beduie ek moet hom asseblief nie nou stop nie. Hy koop Amarula sjokolade, donker sjokolade kitkat en Lindt-balletjies. Ons giggel en proe soos in ons verliefdae die amper twee kilometer