Posts

Showing posts from May, 2016

Oom Stoffies se ongeluk(kies)

Vanoggend, terwyl ek ons boetie se eerste doek vir die dag omruil, kom staan Lambrecht in die kamerdeur. Hy wou nog vertel het – hy’t anderdag ‘n oom in die Paarl ontmoet wat my pa-hulle baie goed ken. Oom Duitser Engelbrecht is ‘n Namibiër wat in Kakamas op skool was. Ja, hy ken vir André Nel, het oom Duitser gesê, dis mos André Makkie. Hy’t mos so vreeslike stoute broer gehad, Stofbakkies. Ons ken hom as oom Stoffies vandag. Almal van hier tot in Moerlandspan ken vir oom Stoffies. Oom Stoffies is vandag die eienaar van Panarotti’s in Worcester. Sy kinders is al verloof en getroud. Maar stories van oom Stoffies uit sy jonger dae loop jy orals raak. Oom Duitser vertel dat oom Stoffies sy karretjie eendag gerol het. Na die tyd vertel oom Stoffies toe, toe hy nou daar onderstebo lê, kar op sy dak, speel Neil Diamond se “What a beautiful noise.” Toe luister hy maar eers die liedjie klaar voor hy uitklim. Ek kon die prentjie sien en die liedjie hoor. Ek kon eenvoudig nie ophou

Begrafniskos en Moedersdag

Sondag neem Stan en Marietjie ons Pofadder toe, na ‘n sielsverkwikkende paar dae op die plaas. Ons drie sussies het 60km se geselstyd voor ons moet afskeid neem in Pofadder. Dan moet ek en Marli die pad waaghalsig aandurf met my energieke twee bloedjies. Ons gesels oor ‘n duisend onderwerpe in hierdie tyd. Onder andere oor hoe en waar ons begrawe wil word. Die dood is lankal nie meer vir ons ‘n heilige onderwerp waaroor ons in ‘n fluistertoon   praat nie. Ons het dit immers al aan ons lywe gevoel. Dis tog ons almal se lot/voorreg op die ou einde. Uit die bloute kondig Marli aan dat ons asseblief nie moet nalaat om Cremoratert op haar begrafnis te bedien nie. Marietjie verklaar dat sy nie begrafniskos verkies nie – eerder ‘n lang tafel met “mashed potatoes” en wors sodat almal gesellig kan saamkuier en eet. Later op die pad, skuins duskant Bitterfontein, vertel Marli van die stuk wat sy anderdag op Facebook gelees het. Dis geskryf deur iemand wat haar ma verloor het en die