Posts

Showing posts from February, 2017

die Melktert

Image
Ek voel vandag teleurgesteld in myself. Eergister was Nasionale Melktertdag en ek het ń wonderlike geleentheid om melktert met koffie te geniet, misgeloop. Iewers in die harwar van blou Maandag het my brein gesê – blou Maandag en melktert loop nie saam nie. Nou is ek spyt! My skoonpa vertel graag van sy skoonmoeder, Dora, se ongelooflike melktert. Die kors het perfek opgepof en die melktertpap was blykbaar so na aan volmaak as wat jy kan kry. Ek het nooit die voorreg gehad om die perfekte melktert te proe nie. My skoonma het blykbaar een maal haar hand gewaag aan haar ma se resep. Dit was so ń grootse oomblik dat pa Danie foto’s daarvan geneem het. Nou kyk hy maar na die foto’s as die melktertlus hom oorval, vertel hy graag. Ons het ook grootgeword met melktert. My ma was nie ń vrou vir langpaaie nie en dus ken ons nie eintlik melktert met ń kors wat fraai oppof soos ń ballerina tutu nie. My ma sin was korsloos of met daardie smeerkors, wat net so lekker is. Ons familie

Gewigverloor teen tyd ...

My pa laat weet per whatsapp – hy weet nou nie meer watter kant toe nie. Ons een stiefsussie trou hierdie jaar (Stief is darem so ń stief-woord om te gebruik!) en hy wil darem regtig nie graag die dikste op die troufoto ’ s wees nie. Soos dinge nou staan ... Toe is dit die naweek atletiek in Kakamas en dit het niks gehelp nie. Hy het weer geen brieke gehad met die pannekoek en hotdogs nie. My minder simpatieke middelsus beveel aan dat hy elke geleentheid sal aangryp om kalorie ë te verbrand. Dalk kan hy sommer sy tone wikkel op die toilet, aan die etenstafel en terwyl hy saans Bybel lees in die bed. Anderdag s ê Marli se skoonma iets wat my so lekker laat lag het. Liezel vertel – hulle het haar seun en die se meisie gaan inskryf vir hul eerstejaar op Stellenbosch. Daar in die warboel van mense en gesigte en chaos het hulle vir ń oomblik nie geweet WAT om te doen nie. Toe gaan eet hulle maar iets. “ As ons nie weet wat om te doen nie, gaan eet ons maar iets, ” sl