Posts

Showing posts from March, 2011

Makkiesplaas Kombuistee

Image
Teen 2-uur was ek verby vodde van moegwees. Ek het in ‘n koue bad water gaan lê met ‘n ekstra sterk cappacino. Op maat van ons heel eerste CD – “Dancing on the tables” het ek my gedagtes probeer orden vir die kombuistee wat wag. Ek het ook sommer gelê en bid dat die Here tog net asb. die kombuistee lekker en spesiaal sal maak vir my sussie, Marietjie. Toe sy stiptelik 4-uur kom instap in haar Adidas seilbroekie en uitgewaste ligblou hempie – stom verbaas oor die rooitafel-kombuistee skouspel in ons eetkamer, was al die moeite en min slaap en baie skoonmaak meer as die moeite werd. My ou sussie was opgewonde verras. En dit was meer as waarvoor ek kon vra! Die laaste twee dae van my lewe was volgemaak met kombuistee beplan en voorbereidings. Huisskoonmaak was nog nooit my forte in die lewe nie, maar ter wille van die kombuistee en my hiper huisskoonbewuste suster, was ek bereid om my hand aan ‘n mop en stoflap en skuurwol te waag. Alles het ek met ekstra oordaad gedoen, want ek wou so g

Stofgaargoed

Image
Ek is bietjie soos Natani ë l. Ek hou van die minimalistiese “look” met baie ruimtes en oop spasies. Ek verpes kaste met sinlose goetertjies daarop, want daai goetertjies moet afgestof word. Daai goetertjies mors onnodige, kosbare tyd. Buitendien is ek te haastig en lui vir afpak en afstof en terugpak! Ek smyt maklik weg. Ek versamel wel briefies en dagboeke. Dis immers koestergoed van hartsmense. Maar my Marietjie-sussie is ‘n obsessiewe versamelaar van enigiets wat kan stof gaar. Ek onthou nog soos gister hoe sy in ons studentedae een dag woedend was omdat ek een van haar leë joghurtbakkies uit pure moedswilligheid platgetrap het. Sy kon die bakkie kwansuis nog gebruik vir verf…En nee, dit was nie die enigste leë bakkie in haar besit nie. Le ë plastiek joghurtbakkies het ‘n fenominale spasie in haar piepklein koshuiskamer opgeneem. Ons is huidiglik besig om ons grootwordhuis te boks en te verdeel tussen ons drie sussies – om plek te maak vir die nuwe tannie in my pa se lewe. Ons is

My Bloem-sabbatsreis

Image
Ek het ‘n sirkel klaar geloop – en dit voel so goed. Ongeveer vyf jaar gelede het my grootmenslewe in Bloemfontein begin. Ek was ‘n brandmaer, erg konserwatiewe blondekop plaaskind. My kop was vol drome en my o ë het geblink met sterre. En toe pak ek en my jonger sussie Marietjie en my silwer karretjie, Grietjie, die pad Bloem toe weer aan.   Ons gaan slaap in Helena’s Place – die gastehuis waar my ouers tuisgegaan het met my laaste gradeplegtigheid. Ons kamertjie se naam is “Blydskap,” met ‘n Galasi ë rs vers op die voordeur. Oom Francois ontvang ons joviaal in sy Galasi ë rs-gastehuis. Sommer met die afklimslag in Bloem vra Marietjie mooi vir ‘n draaitjie by MacDonalds. Sy lek al lank haar lippe af vir ‘n Oreo Macflurry. Sondagaand gaan ons Baptistekerk toe waar die blinde dominee steeds uit sy hart preek soos ons hom steeds onthou. Die diens is ekstra spesiaal omdat daar nagmaal gebruik word tydens die spesifieke diens. Terwyl ek daar op die blou Baptistekerk banke sit, besef ek d