Posts

Showing posts from March, 2017

Basaar

Vrydagmiddag ’n week gelede hoor ek so half per ongeluk by ’n vriendin van Silwerkruin (Huis vir bejaardes in Wellington) se kerkbasaar. Ek kan my geluk nie glo nie! Ek het grootgeword met meer kerkbasaars en kermisse as wat ek op my twee hande kan tel. Ek is mal oor die kos en goetertjies en atmosfeer van ’n basaar. My ma moes altyd goed bring vir Kakamas NG Kerk se Boesmanland tafel. Mens onthou mos die verlede soos jy dit wil onthou. In my kop was die tafel altyd uiters gewild. Daar was ’n goue reël by Kakamas kerkbasaars: Niemand mog iets koop voor die dominee die basaar amptelik “oop gebid” het nie. Ek het al onder gebed geloer en gesien hoe mense hul hand op ’n Boesmanland skaapnek sit – so onder gebed! My pa vrek oor basaarpoeding en basaar/kermis pannekoek. Hy het altyd heeltemal te veel daarvan gekoop. Ons was nooit spandabelrig nie, maar by ’n kerkbasaar het ons pa met ’n skrikwekkende begroting gewerk. Elkeen in die gesin het ruim geld ontvang vir die geleentheid. J

die Bergstorie

Image
Ons laaste stop in Greyton is by die Spar vir padkos. Marietjie smul aan haar steak-en-kidney pastei  soos net ń honger mens kan. Sy sal Greyton vir twee dinge onthou, praat sy tussen happe deur: Die Boesmanskloof en Greyton se spar se lekker steak-en-kidney pasteie ... Ons bergstorie moet mens by die begin, begin. Ons liefde vir stap kom beslis van my ma af. Dit bruis in ons al drie se are. Stap maak ons gelukkig. Dit maak ons kop oop en ons gemoedere lig. So besluit ons iewers dat ons ń roete wil gaan stap in 2017. Dit gebeur impulsief en vinnig dat ons keuse op die Boesmanskloof roete net buite Greyton val. Ons re ë l die staptog binne twee weke. Ek het by Danie, iemand in ons drafgroep, vir die eerste keer van hierdie roete gehoor. Nee wat, dis nie ń te moeilike roete nie. As jy effe fiks is, sal jy dit oorleef. Aldus Danie. Na hierdie naweek het my sussies ń appeltjie met Danie te skil. Hulle het my ook aangeraai om in die toekoms liefs maar dinge wat Danie