Posts

Showing posts from November, 2021

Planttyd

Image
 Soms is daar vir dae en weke en maande niks woorde in my kop nie. Ek jaag voort teen volspoed. En dan een Sondagmiddag, terwyl ek met my hande in die sand sit, is die woorde en stories plotseling terug. Ek is altyd so dankbaar as dit terugkom. Ek woon in my droomhuis. Dit is nie te groot nie en nie te klein nie. Dis nie pynlik netjies en perfek en super modern en baie wit nie. Maar dis perfek vir óns. Dit het die mooiste uitsig op die berge rondom ons en ‘n plaaswerf van ons-weet-nie wie nie. Ons kan die beeste sien en hoor. Ons kan wonder oor wat in die groente tonnels geplant is. Dis wat ons gelukkig maak. Toe ons vier jaar gelede hier ingetrek het, het die tuin gespog met ‘n klein stukkie roostuin. Onder die dek was ‘n paar pragtige krismisrose. Alles moes waai. Die Coetzee-kindertjies was klein en my energie vir tuinmaak het nie bestaan nie. En alhoewel die Coetzeetjies klein was, was ek in ‘n stryd gewikkel met manlief vir ‘n nr.3. Dit het so baie energie en trane gekos. So onn