Posts

Showing posts from August, 2010

My Blog-bederf

Ek besef dis selfsugtig om te blog. Baie selfsugtig. Tog wil ek myself die luukse van blogging gun so aan die begin van die lentemaand. Ek wil myself bederf met stories vertel wanneer mooi dinge my hart roer. Ek wil sekere hartsgoed uitbasuin...want "blessings" moet immers van geweet wees! Ek het 'n hartsbegeerte om te vertel van mense soos Oom Ernest en tannie Linda Sondag in die kerk in P.A. Hamlet. Oom Ernest, witgrys fier en regop langs die groot liefde van sy lewe: Tannie Linda. Tannie Linda daarteenoor is nog bloedjonk van gees, maar ongelukkig is sy afhanklik van haar krukke om te kom waar sy wil wees. My oog betrap oom Ernest vir tannie Linda knipoog tydens 'n hoesbui. Die knip is vinnig - maar tannie Linda weet dadelik dis 'n: "Is jy oraait my lief," knipoog. Later beur tannie Linda vasbeslote regop wanneer ons "Heilig, heilig, heilig" sing. Oom Ernest stut haar liefdevol teen die rug. Hoekom beland vier uit elke vyf Suid-Afrikaans