Posts

Showing posts from October, 2023

Die GROOT dag!

Image
                                               Verlede naweek kuier ons saam met vriende by Brittaniabaai. Ek waarsku vooraf: My man raak baie opgewonde. En soms lewer hy hard en kwaai kommentaar. Hulle lag net en sê, ons kan ontspan. Dit gaan hulle beslis nie pla nie. Hulle is nie eintlik skreeuers nie, maar hulle oordeel beslis nie as iemand baie opgewonde raak nie.  Die wedstryd is ‘n snaakse een. Ons emosies wissel van vies, tot geskok, tot verslae. Ek raak later sommer negatief en sê negatiewe goed oor ons geliefde bokkies… “As mens so speel verdien jy eintlik nie ‘n wen nie,” is een van my laaste negatiewe insette. Toe vererg manlief hom bloedig vir my, want negatiewe mense soos ek sê blykbaar negatiewe goed en dit het ‘n negatiewe impak op die spelers. Manlief is op ‘n stadium ewe vies vir my en die bokke.  Halftyd sluk ons ‘n Springbokkie af. Ons cheers eers voor ons dit drink. En toe raak die blok die volgende helfte nog warmer. (Ek moes dalk aan die begin sê – my man verloor

Ons bloed is groen!

   Ons bloed is groen [NOTA: Hierdie storie het ek geskryf na ons vorige wedstryd teen die All blacks. EK het dit net nooit gepost nie…2 maande terug.] “My pa sê die Springbokke het die All Blêks pap gespeel,” vertel James met groot oë. “En hulle het twee geel kaarte en ‘n rooi kaart gekry, weet tannie,” vra James terwyl hy met sy klein vingertjies al die kaarte wys. Die bok koors loop hoog in my 5-jarige kleuterskool klassie. Ek speel Leon Schuster se nuwe Bokmasjien liedjie vir hulle. Luan lyk bekommerd. Hoekom sing die oom sy bloed is groen, wil Luan ernstig weet. Is sy bloed dan nie rooi nie? Ek verduidelik mooi dat ons almal eintlik groen bloed het. Ons het Springbokbloed in ons are. Die seuntjies ril eintlik van lekkerkry as Bokmasjien speel. Heelwat later wil ek my spannetjie “Dis heerlike lente,” leer sing. Dit pas immers by ons tema vir die week. Nee dankie tannie, antwoord hulle ewe beleef. Ons wil liewers weer vir Bokmasjien hoor. Onlangs maak ons 8-jarige Daniël-

Ons Veldhuisie stap

Image
Staan op.Trek aan.Gaan draf.Maak kosblikke.Stort.Maak koffie.Maak pap.Maak almal wakker.Gaan werk.Kom terug.Eet middagete.Sport.Doen huiswerk.Maak aandete.Kyk TV.Stort.Lees Bybel.Slaap. V a k a n s i e H A A L A S E M. V O E L. D I N K H E L D E R. E R V A A R. B I D. W E E S. Iewers tussin in sal ek so graag die balans wil vind. Ons gaan vir vyf vinnige dae Makkiesplaas toe. Lambrecht moet elders werk en laai ons sommer oppad af. Ons gaan vir drie dae stap. Ons eie uitgedinkte veldhuisie stap. Die drie susters en Rebekka. Ons laai ons ses kindertjies vir twee nagte se slaap by oupa André en ouma Marinda af. Met die groetslag glimlag oupa en ouma dapper en sê ons moet ons oor niks bekommer nie. Hulle gaan die tyd van hul lewe saam met hul kleinkinders hê. Ons moet onsself net geniet. Ons spring half 11 Sondagoggend weg met groot entoesiasme. Ons stop langs ‘n leë gronddam vir ons Sondagmaal. Elkeen kry ‘n