Posts

Showing posts from February, 2014

Vonkel in die huwelik

My man het Dinsdag verjaar. Een van sy kollegas het anderdag gesê dat jou verjaarsdag net so spesiaal is as wat die mense rondom jou dit vir jou maak. Ek wou my man ‘n onthou-verjaarsdag gee.   Maandagmiddag bak ek vir hom ‘n sjokoladekoek om die volgende dag werk toe te neem. Die koek breek effens aan die bo-kant en ek moet kreatief dink om dit te red. Vier “whole nut” sjokolades later lyk die koek gereed vir kantoor toe gaan. Ek bak ook Micha se soutkolwyntjies. Amé is later baie moeilik. Sy gly rond op die kombuisvloer – op die piesang wat sy moes eet. Sy trek haarself teen my op met smerige handjies en ek en die vloer lyk later ewe erg.   Ek oorspandeer heeltemal op ‘n verjaarsdaggeskenk en verras my man met ‘n elektrise boor. Hy is Dinsdagmôre byna giggel opgewonde oor sy nuwe boor. “Dis mos nou ‘n geskenk vir ‘n mán”, hoor ek hom met homself praat. Ek trek ‘n gewaagde kort rokkie en ‘n paar hoë sandale aan vir “cocktails” saam met my man. Ek spuit oordadig baie van s

MetroPlus na Simonstad

Image
    My Winita-buurvrou sê vroeër die week, sy is lus vir treinry Simonstad toe. Haar suster het dit al gedoen en dis blykbaar ‘n heerlike uitstappie. Van Simonstad se treinstasie hop ons op ‘n bussie na die duikboot, genaamd die Assegaai, wat in Simonstad se hawe lê. Ek en Michelle laat ons nie twee maal nooi nie. Ons stig ‘n whatsapp groepie, “Trein na Pretoria,” en begin reël verwoed. Genadiglik deel ons mans ons drie se entoesiasme. Saterdagmôre op die kop 8-uur ry ons drie gesinne se motors in ‘n konvooi na Muizenburg se treinstasie. Winita verduidelik by die stasie aan haar man dat ons asseblief met die MetroPlus wil ry. Dis duurder en luukser en veiliger. Die stasie is nog stillerig. Daar lê nie rommel rond nie, en niemand lyk gevaarlik nie. Klein Matthew lyk asof die hele opset hom laat gril. Terwyl hy hand-aan-hand met mamma Michelle na ons wagplek stap, fluister-vra hy of hulle asseblief dadelik sy skoene kan was as hulle by die huis kom.   Ons trein lyk toe

"Speedcop" storie

Dit gebeur vandag weer vir die eerste keer in jare. Toe ons motor stop voel my handpalms sweterig en ek kyk benoud rond. Lambrecht lyk effe uit die veld geslaan. “My engel, is iets fout?” wil hy versigtig wees.   Ek skud my kop, want die “speedcop” is klaar hier langs my man se venster. Hy is effe aan die swaar kant, soos hulle meestal maar is. Sy stem is saaklik. Hy soek my man se lisensie. Hy gee die lisensie ‘n verdagte kyk, stap een maal om ons motor, gee die lisensie terug en sê: “Alles is in orde, u kan maar ry.” Ek voel hoe die spanning uit my ledemate sypel terwyl ons wegry. My man verstaan glad nie wat aangaan nie. Ek begin vertel hom hoe spanningsvol dit destyds was as ons die “speedcop” in die verte gewaar tussen Upington en Kakamas. Hy het altyd die slegte manier gehad om ons te betrap op ons pad terug. Dan was ons almal uitgeput en warm. En voertuie het nie van altyd af lugverkoelers gehad nie! Sodra ons hom in die verte gewaar het, moes almal eers worstel