Posts

Showing posts from October, 2016

Hoe eet mens 'n olifant?

Image
Marli kom vertel weer Vrydag vars nuus van Arend en Anne. Sy het gaan foto’s neem van die hawelose paartjie. Hulle het na die tyd skaam gevra of hulle ook asseblief een van die foto’s kan kry – want dit sal darem lekker wees om op ‘n foto te sien hoe mens lyk. Arend en Anne se woonplek is op ‘n stoep naby die polisiestasie. Hulle “was” hulleself in een of ander rivier, het hulle Marli vertel van hulle lewe op straat. Hulle beddegoed word bedags in ‘n swartsak in ‘n boom bewaar. As hulle net saans met ‘n vol maag kan gaan slaap, is hulle die Here ewig dankbaar. Anne het intussen op ‘n plaas werk gekry. Sy wou bekommerd voor haar eerste werksdag by Marli weet hoe sy haar hare moet “style” vir haar eerste werksdag. Marli kon nie help om (bekommerd) te wonder of Anne met haar stewels met die effense hak haar plaaswerk gaan aandurf nie. Dis immers haar enigste skoene. Marli en haar Andrea vriendin het intussen ook vir hulle ‘n Bybel en kos geneem. Ek kan sien Arend en

Saamstap

Image
Saterdagaand langs ons braaivleisvuur praat ons oor getroudwees. Ons stem saam dis diep lekker om met ‘n spanmaat deur die lewe te gaan, maar dis nie altyd so maklik nie. Dis nie ALTYD lekker nie. Ons buurman Ryno merk toe in sy wysheid op dat hy altyd vir Yolande sê sy het NET vir hom, en hy het NET vir haar. Daarom moet hulle mooi na mekaar kyk en mooi met mekaar werk. Dis so ‘n eenvoudige waarheid, dog so belangrik dat jy dit amper agter jou toiletdeur kan vasplak om gereeld kennis te neem. Marli vertel vanoggend dat hulle gister vir ‘n hawelose paartjie skoene, ‘n bybel, twee pies en melk geneem het so op die Sondagagtermiddag. Toe spat die vonke behoorlik tussen Anne en Arend. Ek wil belangstellend weet of die tweetjies dan nou getroud is. Trou haweloses of hoe werk dit? Marli verduidelik die hawelose paartjies sê altyd hulle loop saam. Dit beteken hulle is saam. Haweloses kan mos nie eens saamwoon nie, want hulle het nie ‘n saamwoon plek nie. Hulle stap sommer

Kinders grootmaak: die GROOT prentjie

Image
 Am é se juffrou Helen by Kinderplaas vra hierdie week dat ek vir haar moet instaan. Sy het ‘ n ligte “ drafongelukkie ” gehad en eindig op in die hospitaal met ‘ n gebreekte arm. Dit kos my ‘ n dag of twee by Kinderplaas om weer perspektief te kry oor my taak as mamma. Of die Here breek dit vir my oop terwyl die kleinspan hulle pousebreek in die kombuis neem. Hulle sit almal aan ‘ n lang tafel om hul pousekos te eet voordat hulle buite gaan speel. Ek sien hoe Petrus van sy geroosterde kaas-en-hambroodjies met ‘ n maatjie deel toe die maatjie daarna vra. Ek hoor hoe Bennie en Markus land-en-sand hul boeties en sussies met mekaar bespreek. Ek sien hoe Olivia trots haar vet aarbeie vir ‘ n maatjie wys en dan vra of sy daarvan wil h ê . Later help Lize ‘ n maatjie op wat val. Bettie betig ‘ n maatjie mooi, dog beslis dat ‘ n mens nie s ó praat nie. Ons bak-en-brou Vrydag muffins. Ons doen dit in spanne en elkeen kry ‘ n takie. Mila bied aan om sommer alle spanne se skott