Posts

Showing posts from October, 2015

Ek onthou World Cup 1995

Ek hoop nou nie ek jok vanaand nie. Ek vertel hom maar soos ek hom onthou. Ek was immers toe std.2. Dis 20 jaar gelede. Môre se wedstryd herinner so aan dáái wedstryd. 24 Junie 1995, Ellispark, Johannesburg. Lambrecht onthou hulle het daardie wedstryd by Oom Daantjie en tannie Elsa in Augrabies gaan kyk. Daar was baie mense daardie dag. En hulle was báie bly na die tyd. Ons het daardie wedstryd by oom Willemse en tannie Sussie gaan kyk. Hulle het van die beste televisie opvangs in die omgewing gehad. Daar was ook daardie aand baie mense. Ek onthou die spanning in die atmosfeer. Ek onthou Nelson Mandela in sy springboktrui. Ek onthou die HK.   Die hoendervleis met Joel Stransky se skepskop. Die vreugde daarna. Ek onthou die pastei wat tannie Sussie gemaak het waarop “Bokke” in pasteideeg geskryf was. Ons land kon bars van nasietrots. The Springboks triumphing over the All Blacks in the 1995 Rugby World Cup final was one of the Country’s finest moments. (eNCA) Huisgeno

Ouers se edel taak

Gister spartel ek paniekerig om die kinders betyds gereed te kry vir ‘n koffie afspraak in die Paarl. Ek moet Amé smeek om haar pienk plakkies aan te trek. Dan die lang redenasie waarom al haar poppe nie kan saamgaan nie. Laastens kos dit mooipraat dat sy haar dummie en bersie in die kamer moet gaan los. En toe weier ons Great Dane, Klara, om uit te gaan. Deesdae is haar gunstelingplek in ons huis die hoekie in die leefarea. Dit kos my ten einde om haar met my pienk   huisplakkie te dreig voordat sy uitgaan. Vanoggend hoor ek Amé redeneer met Klara. Toe ek gaan kyk staan Amé pienk plakkie in die hand, besig om Klara te dreig. Sy beduie en klink net soos ek gister. Die stemmetjie net so kwaai. Sondag bevind ek my in die “toddler room” van ons kerk. Dis ‘n baie groot kerkkonferensie en daar is mense van oraloor. Dit voel asof daar duisende kindertjies in die “toddler room” is. Op ‘n stadium is dit asof die wêreld net vir ‘n oomblik stilstaan. Ek kyk en sien die mammas asof v