Posts

Showing posts from July, 2016

Die lekkerkos waarvan niemand meer praat nie

Image
Dis hoogmode om deesdae gesond te kook – suikervry en lae GI, in seisoen en organies. Erfeniskos is in. Yskasterte is uit. Tradisioneel met ‘n kinkel is in. Aromat en boeliebeef is uit. Ek sit en lees nou Mariëtte Crafford se rubriek in die nuutste Rooi Rose. Ek verslind dit altyd. Sy werk so mooi met woorde – alliterasie op die perfekte plekke, en die heel mooiste self uitgedinkte woorde. Ek’s ‘n Niël Stemmet aanhanger ook. Hy maak my terugverlang na ouma Susie se Sondag middagete tafel. Dan is daar natuurlik Herman Lensing. Die jongman wat oud en nuut so mooi laat trou. Hulle kook eerlik en vars en mooi en gesond. My hartsbegeerte is om ook soos die meesters in my kombuis om te gaan. Dis waarom ek een Saterdagmôre voor die voet kombuis skoongemaak het. Alle pakkies met MSG en die ander sondebokke, is in ‘n Checkerssak geprop. Hulle moes ‘n ander kombuis gaan versondig. Ek bel Marietjie en vertel haar van my gesonde kombuis. Ek kan aan haar stem oor die foon hoor

Nostalgies oor jou grootwordplek

Byna twee weke in die Boesmanland, ‘n braai in die skerm, paar oggende se draf op grondpad, baie happe kaiings en glase Noveau Blanc en die Boesmanland se heilige stilte later, hou ek nabetragting. Ek het vir die Here baie jare terug gebid vir ‘n boer en kinders wat lief is vir vlaktes. Want ek’s ‘n stof en vlaktemens. Die Here is nie doof nie. Lambrecht is nie ‘n boer nie, en ons kindertjies is nie Boesmanlandertjies nie, maar hulle deel my liefde vir stof en vlaktes. En die Boesmanland. In Daniël het Oupa André sy eerste seunskind, kleinseun. Ek kan sien sy gees vier fees. Soggens sit Daniël op Oupa se skoot en deel met hom sy eerste beker moerkoffie. Ek protesteer eers. Kinders, of peuters, mag nie koffie drink volgens ons reëls nie. My pa hou hom doof. Hy deel sy snytjie boerbrood met appelkooskonfyt en kaiings daarop met sy eerste kleinseun. Hy deel groot. Oupa sal sy alles deel met hierdie seunskind. Hy deel selfs klein stukkies van sy laaste sult met Daniël. Onse Daniël s