Posts

Showing posts from May, 2020

Die swart gat - en hoe om uit te kom.

Sondag bel ek my middelsus. Ek bel hier vanuit my diep en donker gat, laat ek haar weet. “Kry vir jou ‘n projek. “ Dis haar antwoord op enige probleem. Projekte hou mens se kop besig. Daar’s nie tyd vir projekte nie, wil ek gil. Ek leer my kinders. Ek voed my gesin. Ek hou die huis skoon en ordelik. Maar ek’s te ordentlik om op my sussie te gil. Ek antwoord bloot dat ek ‘n projek het. Ek verdiep myself in boeke oor positiewe denke – van Dr. Caroline Leaf wat positiewe denke wetenskaplik bedink, tot Joyce Meyer wat positiewe denke vanuit die bybel beredeneer. Marietjie begin lag. “Jou projek werk duidelik nie. Kry iets anders.” Dis ‘n nuwe week en ‘n nuwe kans. Verlede week het ek die stryd teen my denke lelik verloor. Ministers se uitsprake en/of toesprake, sosiale media en koerante het my dieper in my swart gat gehelp. Dit raak ‘n vreeslike donker plek as jy nie vinnig saam met ‘n vriendin iewers ‘n koffie kan drink en sommer net lag oor alles nie. Ek en Lambrecht he