Posts

Showing posts from May, 2012

Die stem in jou kop

Image
Ek haat dit om groot besluite te neem. Ek praat nou van besluite wat ‘n inpak op nou en die volgende jaar of wat kan maak. Ek redeneer die saak na alle kante. Ek vra raad. Ek stap ver ente en bespreek die saak ernstig met die Here. Ek maak ‘n lys van voor-en nadele.   En dan weet ek steeds nie.   Ek bid nou al vir ‘n geruime tyd vir ‘n werk in Suid-Afrika. Ek bid vir die Here dat ek asseblieftog al op 1 Junie wil begin en ek vertel hom selfs die salaris waarop ek hoop. Dit moet nie sommer net enige werk wees nie. Dit moet tog net asseblief betekenisvol wees.   Gister se ë n die Here my nie net met een nie, maar met drie wonderlike geleenthede op my tafel. Ek moet egter vinnig ‘n besluit neem. Ek stuur ‘n dringende epos na Lyndi, Wilma en my skoonmense. Ek bel my man vir ‘n dringende gesprek en ek stuur ‘n lang sms na my Pofaddersussie. Almal gee dadelik raad. Goeie raad.   Ek kan nie help om die Here te prys vir die wonderlike ondersteuningsnetwerk wat Hy om my gesit het

Die mooi in alles

Image
Everything has beauty, not everyone sees it.                                                                    -Confusius-   My eerste Sondag in Kingsgate kerk Peterborough is een van daai dae wat ek nooit sal vergeet nie. Als om my was vreemd. Pasgetroud in ‘n vreemde land, vreemde taal, werkloos, blouver van my pa en sussies. Soos Job, taamlik op die ashoop.   Ons het by die kerk ingestap en ‘n kleinerige, vriendelike tannie het ons by die deur gegroet. Caroline sou ons later leer.   My trane het sommer so vanself gekom terwyl ek verduidelik dat ek nuut uit Suid-Afrka arriveer het. Ons het na die tyd saam met haar tee gedrink en in ‘n baie onseker Engels het ek probeer gesels.   Daarna het sy elke Sondag vir ons uitgekyk by die deur. Sy het geweet toe ek my eerste werkie in ‘n koffieplekkie kry en sy was saam met my opgewonde en dankbaar. Sy was saam met ons opgewonde toe Kersfees nader en ons keer huiswaarts vir ‘n somerskersfees.   Sondag was my laaste Sondag in K

Teken jy of bereken jy?

Life is painting a picture, not doing a sum. -        Oliver Wendell Holmes Jr- Gisteraand gooi ons alle laastes uit ons vrieskas op die rooster. Dit strek nou van varkworsies tot hoenderboudjies. Van die laaste verdwaalde volgraan pitabroodjies het ek sommer braaibroodjies gemaak met kaas en uie. Ek maak ‘n uitbundige slaai met baie olywe, fetakaas en sondroog tamaties – net om als op te gebruik.   Ons moes gisteraand braai, want ons het nog ‘n halfsak “charcoal” oorgehad van ons vorige braaitjie. Ek sou dit weggooi of weggee. My man was beslis. Daar’s baie goed wat mens kan weggee…”charcoal” is nie een van daai goed nie. Dis vir eie gebruik.   Die aand is bo verwagting pragtig. Die re ë n het vir ‘n oomblik gelig. Dis ‘n wonderwerk. Orals oor die nuus hoor ons immers dat hierdie Aprilmaand die natste in ‘n dekade was. Ek het ons gunsteling peerbier gekoop vir ons afskeidsbraaitjie.   En so word ons onverwagse braaitjie ‘n feestelike aandjie alleen by die huis. Ons