Posts

Showing posts from September, 2014

Coetzee-kuier in die veldhuisie

Ek bedink eers lank die regte woorde voor ek my pienk rekenaartjie oopslaan vir skryf. Mens moet immers sag omgaan met woorde as jy wil vertel van veldstil dae en naghelder sterre. Vir ‘n langnaweek gaan span ons en ons Somerset-Wes Coetzee-familie uit in die hartjie van die Boesmanland in my pa en tannie Marinda se nederige veldhuisie. Ons moet selfone, internet, DSTV en elektrisiteit by die huis los. Die kinders pak net emmertjies en grafies en ou klere vir in die Boesmanlandse sand en klippies speel. Saans maak ons vuurkos. Die eerste aand is ek en Lambrecht aan diens. Ons braai vleis en roosterkoek met bottelslaaie. Ek het eers lank gewik-en-weeg oor die bottelgoed. Deesdae is bottelgoed mos aanvaarbaar as jy dit by ‘n deli koop met ‘n fĂȘnsie etiket. Mense bottel nie meer self in hul eie huise nie. En toe smul ons almal aan my huisinmaakgoed – tannie Marinda se beet en my ma se noedelsaai met ‘n prikkie. Vrydagaand is Micha en Van Heerden se beurt. Ons braai weer. Hulle b