Posts

Showing posts from February, 2016

My geheime liefdesverhouding

Ek het ‘n geheime liefdesverhouding. Byna niemand weet nie. En niemand sal dit beslis van my vermoed nie. Ek wat meestal vaal en versigtig voorkom. Ek wat my weg deur die lewe baan met ‘n kind op die heup en een aan die hand. My ongesonde, ongewone en geheimsinnige liefdesverhouding is met lipstiffies. Jy het my waarskynlik nog nooit eers met kleur op die lippe gesien nie, en kan daarom nie glo wat jy nou hier lees nie. My eerste lipstif was ‘n peperduur, baie uitspattige pienk lipstif uit Kakamas Apteek. Dit was so lang maer Yardly nommertjie wat so geblink het op jou lippe. Ek was verlief. Ek moes baie weke se sakgeld spaar vir daardie lipstif. Ek was hoërskool en het dit seker hoogstens twee maal gedra na sokkies. Dit was my heel eerste. Daarna was daar nog tientalle sulke kopies – van goedkoop uitverkoping nommertjies, tot heelwat duurder, weldeurdagte kopies. Nooit dra ek dit meer as so 5 keer nie. Dan is ek en my lipstif uitgekuier. Alle kleur lyk mooi in hul houertj

Yzerfontein kamp met kinders

Ons is sopas terug van ons eerste kamp mèt kinders. Dit was net een nag, maar ek is onbeskryflik trots op ons. Kamp met kinders is nie vir sissies nie. Goeie vriende, die Loftusse, nooi ons al laasjaar vir hierdie een nag kamp. Ek is baie skepties. Ons jongste is ‘n slegte slaper. Kamp “mure” is nie klankdig nie. Ons oudste kan ‘n lieflike dogtertjie wees, maar sy kan ook kwaai en onsmaaklik raak as sy moeg is. Ons hou van die vriende – ons wil nie graag hê ‘n kampnaweek moet ‘n goeie vriendskap kelder nie. Manlief verseker my dis die regte ding om te doen. Dis hoe ons dan in Yzerfontein se karavaanpark opeindig gisteroggend. Neels en Frankie is toegerus met van daardie oulike kampwaentjies en allerhande ander nuttige kampgoeters. Die Coetzees kamp erg basies: Tent, gazebo, kamptafeltjie. Dis in ons geval werklik gerieflik om saammet hardebaard kampers te kamp! Ons oudstes is ware kampers. Josua(4) en Amé(2) maak ‘n gedugte span. Josua stap orals voor en Amé volg soos sy s