Posts

Showing posts from September, 2021

Dankbare roofkykers

Image
 Ons sê dit almal deesdae gereeld – ons leef voorwaar in ‘n vreemde tyd. Vanmiddag was weer so ‘n vreemde ervaring… Ons oudste speel haar heel eerste netbalwedstryd. Gisteraand lê sy in die bed en verklaar – sy weet nie of sy sal kan slaap nie. Haar senuwees is gedaan. Sy hoor uit alle oorde dat Courtrai (Paarl) regtig sterk is. En Rachel het ook gesê sy dink hulle gaan môre verloor. Ek kommandeer middelste boet op en ons bid albei ernstig vir vandag se heel eerste wedstryd. Toe doen ek die mooi toesprakie wat alle goeie ouers doen: Wen maak glad nie saak nie. Solank jy jou beste gee en dit baie geniet. Vanmiddag na skool ry ons sommer ekstra vroeg Paarl toe. Ek presteer nooit goed onder druk nie en sal eerder ‘n uur te vroeg by die voorgeskrewe hek opdaag, as om in verkeer te stoei vir ‘n parkeerplek. Oppad Paarl toe eet ons droëwors en suurdeegbrood toebroodjies met ekstra grondboontjiebotter. Volgens my beperkte koskennis, die perfekte happie vir ‘n wen-wedstryd. Ons stop vining