Posts

Showing posts from April, 2020

Korona Dagboek - Dag 6

So met die aankondiging van die lock down was die vraag op die meeste middelklas huishoudings se lippe: Mag ons steeds met ons hondjies gaan stap en mag ons aanhou draf. RSG is warm gebel met hierdie vraag. “Mag ons steeds met ons hondjies gaan stap?” Aanvanklik het die minister gevoel jy mag nie eintlik gaan draf of met jou hondjies gaan stap nie. As jy dit wel doen, moet jy dit net asseblief verantwoordelik doen. Na die eerste sterfte het ons geskrik. Die minister inkluis. Toe mag niemand meer stap met hulle hondjies of draf nie. Selfs al het jy dit vantevore verantwoordelik gedoen. Ek is op Wellington drafgroep se whatsapp groep. Die drawwers is besig om teen die mure uitgedryf te word. Een gesoute drawwer wonder anderdag op die groep hoe erg een nag in die tronk nou werklik kan wees....as mens nou betrap sou word tydens een hemelse drafsessie buitekant. Ek beduie vir manlief dat ek op breekpunt is. Ek is nie ‘n wafferse drawwer nie, maar ek het wind in my hare en swe