Posts

Showing posts from March, 2015

Eenvoudiger...

Ons kuier gister by ons Coetzee-familie in Somersetwes. Laataand praat ons oor hoe ons grootgemaak is. Ek bieg verskonend dat ons nie super gekultiveerd opgebring is nie. Ons ken niks van skilderye of klassieke musiek nie. Ons mure was versier deur foto’s en foto’s en nogmaals foto’s.   Die enigste skildery was die een wat oom Hendrik vir my Pa en Ma geskilder het om dankie te sê dat hulle, hul so ontferm oor sy twee kinders in die koshuis. Die skildery was vol simboliek en baie spesiaal. Dit hang steeds in ons grootwordhuis. Ons het grootgeraak met Die Briels en Klipwerf. Ek het sushi en salmon maar eers anderdag leer eet. Van wyn wil ek nie eens praat. Daar is vandag steeds min dinge wat kom by ‘n ou hanepootjie. Maar soos my swaer gisteraand opmerk. Mens moenie ‘n eenvoudige, ongekompliseerde grootword vergelyk met gekultiveerdheid nie. Want ongekompliseerd grootword is baie kosbaar. Vanoggend vereenvoudig ek weer my lewe. Alweer. Ons spierwit slaapkamer moet waai. Vandag
My nuutste gunsteling uithangplek met ons twee kinders is Wimpy in Wellington. Dis nuut oorgedoen en het die lekkerste speelplek vir die kindertjies. Amé is dus in die wolke as ons voor Wimpy stop. Die ambience welgeval Daniël beslis ook, want hy slaap soos ‘n klip in Wimpy. Anderdag maak ons weer so. Ek bestel ‘n ekstra groot koffie vir myself en ‘n vanillageur melkskommel vir Amé. My skoonsus beweer vanilla het darem so raps minder kleur en geurmiddels daarin. Daarom dat ons maar altyd vanilla doen. Amé se taalgebruik is genadiglik ook nog nie van so aard dat sy met my kan redeneer oor die kleur van haar melkskommel nie. Ek weet dit kom nog. Sy glip dadelik weg speelarea toe en ek kan nie wag om die dag se Burger onder oë te kry nie. Langs my kom sit ‘n verdagte man en sy seun. Met verdag bedoel ek bloot dat indien hy agter my in die straat sou stap, ek my handsak baie styf onder my arm sou vasknyp. Soos my ma my mos geleer het. Vir ingeval hy beplan om dit te gryp. D