Posts

Showing posts from December, 2010

Alles is geboks

My lewe staan geboks - vir presies die vierde keer in twee jaar. Gisteraand pak ek die laaste plastiekbakkies en my gunsteling twee rooi Nescafé koffiebekers in 'n ekstra groot Omo boks. Teen 18:00 vanmiddag was ek knap duskant dood. Toe gaan stap ek om die blok en dink aan kersfees, aan koekiesbak vir familie wat kom kuier en aan vleisbraai in ons skerm onder die helder Boesmanlandsterretjies. Net voor ek by my huis was het ek my oë opgeslaan na Ceres se mooi berge en die Here gesmeek vir nog bietjie ekstra krag. Ek kon Hom ook nie sê van waar in my lyf Hy dit moes stuur nie, want my reserwes is boomskraap. Die Here is getrou... Terug by my huisie het ek RSG 'n aks harder gesit voor ek die laaste bietjie PEPSI Max in my rooi koffiebeker gegooi het. Toe takel ek die laaste half miljoen rondstaan goed met nuwe energie. Teen 21:00 was byna alles netjies in bokse. Ek kon nie glo dat 'n mens so trots kon wees op 'n klomp bokse nie. Met elke trek raak ek beter. Elke