Posts

Showing posts from May, 2015

Moedersdag van Pofadder tot Wellington

Ek het règtig ‘n wonderlike man, besef ek hierdie Moedersdag weer. Ons beplan al van Maandag af aan Moedersdag. Eers wil ek iewers gaan eet vir Moedersdag. Teen Woensdag is ek nie meer lus vir uiteet nie. Ek wil eerder iewers gaan piekniek hou. Iewers nie te ver van die huis af nie. Teen Vrydagmiddag 5-uur wil ek eerder sommer net in ons agtertuin piekniek hou. Dis die heel minste moeite. Saterdag bied manlief aan dat ek ‘n bietjie met sy bakkie rondry. Ek kry twee vriendinne vir ‘n laat ontbyt en teen die tyd dat ek tuiskom, is manlief al haastig dorptoe. Hy kom stert tussen die bene terug huistoe. Geen winkels is meer oop nie. Net Wellington se videowinkel. Vanoggend is hy erg verleë oor sy liefdesbriefie wat net op lyntjiespapier geskryf is. Dis die mooiste briefie en ek is sommer opnuut verlief op my goeie man. Hy gee Amé ontbyt en ruil ‘n aaklige doek om terwyl ek by die kerk is. Hy maak Daniël aan die slaap en hy vee ons leefvertrek uit en mop dit daarna. Ek stap dus na

Die vreugde van Moedersdag

EK’s in ‘n baie diep graf of groef of watter misrabele benaming jy ookal my toestand wil gee, vertel ek aan my vriendinne. Wilma en Lyndi giggel net terwyl hulle teug aan hemelse soet Hazelnut lattes en luister na my stories. Hulle weet ek kan soms ‘n bietjie dramatiseer. My Marietjie-sussie lag so hard dat ek nie kan help om later saam te lag nie. Vrydagaand is ek verby my rooi kwik toe manlief tuiskom. Hy het ‘n uitstekende dag op kantoor gehad. Uitstekend man. In vergeleke met sy dag lyk myne nog váler en chaotieser. Ek drink Vrydagaand meer as my een ou glasie erg verdunde witwyn. Dit help ‘n bietjie. Terwyl manlief ons oudste in die bed sit, ruim ek kombuis op. Ek het heelweek so mooi gesond en gebalanseerd en gefókus geëet. En toe, op my broosste uur van die week verloor ek my selfbeheersing heeltemal. Ek smeer dik appelkooskonfyt op die halwe kaasbraaibroodjie en verorber dit op die laaste note van Noot-vir-noot. Toe vaar ek die lekkergoedkas in. Gevaarlike ding om vrou-a

Die mag van gewoontes

As jy altyd doen wat jy altyd doen, sal jy altyd kry wat jy altyd kry. (RSG-advertensie…nie seker of die bewoording presies reg is nie!)   Ek het hierdie aanhaling vanoggend half 6 op my kombuisswartbord geskryf. Ek weet ek moet dit deel. Die Here seën my met vriendinne wat almal op ‘n opwindende plek is. Die een staan op trou, die ander verwag haar eersteling, ‘n ander een oefen vir haar sesde Comrades, nog ‘n ander een is besig met ‘n reuse kopswaai in haar lewe. My sussie is swanger met haar tweede spruit en my skoonsus is besig om te verhuis. Ek is ryk aan interessante vriendinne! Wat ookal die berg is wat jy besig is om te klim op hierdie Maandagmiddag…moenie vasgevang raak met die “plek” nie. Die uitkoms of antwoord is dalk nie daar waar jy nou besig is om te kyk nie. Skep asem, asem die mooi van die herfs in. Klim uit die groef van elke dag en probeer iets ánders. Al dek jy dalk net mooi tafel vanaand en steek ‘n kers aan vir atmosfeer. Enigiets. Nuwe gewoontes s