Die mag van gewoontes


As jy altyd doen wat jy altyd doen, sal jy altyd kry wat jy altyd kry.

(RSG-advertensie…nie seker of die bewoording presies reg is nie!)

 Ek het hierdie aanhaling vanoggend half 6 op my kombuisswartbord geskryf. Ek weet ek moet dit deel. Die Here seën my met vriendinne wat almal op ‘n opwindende plek is. Die een staan op trou, die ander verwag haar eersteling, ‘n ander een oefen vir haar sesde Comrades, nog ‘n ander een is besig met ‘n reuse kopswaai in haar lewe. My sussie is swanger met haar tweede spruit en my skoonsus is besig om te verhuis. Ek is ryk aan interessante vriendinne!

Wat ookal die berg is wat jy besig is om te klim op hierdie Maandagmiddag…moenie vasgevang raak met die “plek” nie. Die uitkoms of antwoord is dalk nie daar waar jy nou besig is om te kyk nie. Skep asem, asem die mooi van die herfs in. Klim uit die groef van elke dag en probeer iets ánders. Al dek jy dalk net mooi tafel vanaand en steek ‘n kers aan vir atmosfeer. Enigiets.

Nuwe gewoontes skenk immers geboorte aan nuwe resultate.

Rom.12:2b …laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Comments

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep