Posts

Showing posts from December, 2016

Droogte in die Boesmanland

Ek wil begin met: Ek is ‘ n Boesmanlander. Dit sal nooit verander nie. Ek het dit vanoggend besef. Johnnie en Madeleen laat weet onverwags hulle is in Wellington. Hulle wil ‘ n “ vinnige invalletjie ” doen, soos die Boesmanlanders maar maak. Ek kan my geluk nie glo nie. Hulle kom val in vir ‘ n vinnige koffie en koeldrank, en ons praat natuurlik dadelik van hul weggaan. Oom Johnnie en tannie Lottie was maar alle jare op Soutdwaggas. En toe trou klein Johnnie met die mooie Madeleen en begin saam met haar ‘ n lewe op sy erfgrond. Die drie klein Vissertjies met hulle pragtige o ë vervolmaak die prentjie. Maar nou pak hulle op vir ‘ n nuwe lewe op ‘ n plaas klipgooi van De Aar. Die droogte in die Boesmanland wurg hulle dood. Die Here se tydsberekening is perfek. Hierdie geleentheid het op so ‘ n spesiale manier op hul weg gekom, en die Here het hulle harte al lankal begin voorberei. Hulle vat hulle honde, kat en perde saam. Dis dit. Hulle het die bure laat weet hulle kan van d