Posts

Showing posts from March, 2012

My UK leerskool

Image
Dit het vandag vir die eerste keer gebeur. Die gewaarwording was oorweldigend.   Ek het ’n vriendelike oom en tannie van Derby bedien. Hulle besoek Stamford elke twee maande.   Hulle het tee en “toasted teacakes” geniet – soos die grootste meerderheid bo 60 graag doen. “Hello again” van Neil Diamond het tevrede oor “Radio Rutland” gespeel. Die sonnetjie het prentjiemooi strale gegooi oor “Ironmonger Street”.   Oppad uit het die oom stadig omgedraai en geknik, “Thank you, we’ll see you in two month’s time again.”   En ewe skielik besef ek: Oor twee maande sal ek by die huis wees. Ons sal iewers tussen   Paarl en Stellenbosch woon. Die son sal meestal skyn en ons sal elke Saterdagaand braai. Soms Woensdae en Vrydae en Sondae ook. Ons sal in Afrikaans kerk en ek sal weer vir ’n vinnige cappuccino kan wegglip saam met ’n hartsvriendin, na die naaste “Mug & Bean.” Ons sal naweke vinnige in ons bakkie spring en Boesmanland toe ry vir asemskep.   Tog was die hartseer my lyf vol. Engel

Skou-kos is goeie kos

Upingtonskou was kleintyd gr óó t. Dit was ’n hoogtepunt op ons kalender.   Ons sou sommer vir die hele naweek opruk vir die jaarlikse geleentheid. Na skool Vrydag is ons sommer so in ons skoolklere en koshuis koffers saam met my pa en ma na die Van Zyl-familie in Upington. Die Van Zyl’s het ons altyd ’n gul ontvangs gegee. Hul ruim huis is in Steenboklaan, reg langs die kanaal. Anneen sou al van anderkant die kanaal af aangehol kom, gillend, “Jippie, julle is hier!”   Sodra ons uit ons skoolklere was, is ons skou toe. Die ooms wat by die skouhekke werk was altyd erg spraaksaam. En my pa kon altyd sulke lang, onnodige gesprekke met hulle aanknoop – terwyl ons nie kon wag om by die skou uit te kom nie. Ek ruik nog die stofreuk van baie voete op die sandgrond. Ek ruik die reuk van braaivleis, sosaties, worsbroodjies en spookasem. Ek hoor nog hoe een of ander oom aankondigings uit die skoukantoor maak. Daar was altyd ’n verlore kind in sy kantoor.   Teen laatmiddag was die trompoppies

Ons wonderwerk oond

Image
Op Moedersdagoggend het ons oond die gees gegee. Ek het egter uitgelaat om te vertel wat daardie selfde aand gebeur het… Ek was halfpad in droomland toe ek ‘n geweldige slag in die badkamer hoor. Wanneer ek so een voet in die nou, en ander voet in my wonderlike slaapw ê reld staan, kan die aarde op my val. Ek kan min omgee. Ek’s van daardie mense wat lief is vir my slaap. As ek my kop op my strepieskussing neersit is ek nie meer lus vir gesels, vriendelik wees, ó f opstaan vir snaakse geluide nie.   Die volgende oggend begroet ‘n interessante prentjie in die badkamer my.   Iets het ‘n onaardige “chip” uit ons wit wasbakkie geval. Lambrecht vertel later dat sy naskeermiddel die vorige aand van die rakkie bo die wasbakkie geval het – en daarom nou die aaklige geskende wasbak.   My moed sak sommer skoene se kant toe…nuwe stoof, nuwe wasbak. Wat nou n ó g? En net daar besluit ek om vir die oond te bid. Ons kan nogal doen met ‘n wonderwerk, besluit ek.   Ek vergeet later van die oond

Moedersdag minus 'n oond

Gisterm ô re was ek al aan die deeg meng toe die vo ë ltjies uitbundig begin raak hier teen 6-uur se kant. Dit nogal op die Sondagm ô re. My “Lemon and Poppyseed” koek uit my “Hummingbird” resepteboek kon nie flop nie. Hierdie was my eerste Moedersdag waar e kook .   Vandag moes alles perfek wees vir my ander ma se eerste Moedersdag by ons huis.   En toe begin die oggend rampspoedig. Ek laat val ‘n eier met die vervaarde uithaalslag uit die yskas. Hy plof en spat sommer so blerts op my skoongewaste kombuisvloer. Ek vee dit half vinnig op en besluit om die res van die skade later te herstel. Dan begin ek di é koek half haastig aanmaak. By stap 5 besluit ek om net vinnig weer alles deur te lees van stap 1 af om seker te maak ek het niks vergeet nie. Ek weet nie hoekom ek stap 1 met die eerste leesslag gemis het nie. Maar ek moes by stap 1 al blykbaar die oond aangesit het om warm te raak. Toe ek so maak…gebeur daar niks. Die oond makeer iets, besef ek ietwat histeries.   Ek gil Lambr

Lena se storie

Marietjie het vir Lena en Piet op Millerton kom kry na haar en Stan se troue. Piet was Stan se regterhand in die skaapkraal, en Lena op die werf. Lena het van huisskoongemaak tot werf gehark en blommetjies natgelei.   Na hul troue moes Lena egter leer om bietjie terug te staan vir Marietjie – want s ý wou nou die kitaar slaan op die werf. Lena het ‘n willetjie van haar eie. Daar   is geen vaste afspraak tussen Marietjie en Lena nie. Lena kom maak huisskoon wanneer sy so voel. Waneer ek kom kuier, weet Lena word daar koekies gebak en heeldag geklets in die kombuis. Dan is Lena daar. Soms kom sy net in betyds vir teetyd. Dan vee sy so paar vee oor die stoep voordat sy onder die boom gaan sit met haar tee en koekies…en dan keer sy huiswaarts.   Soms werk Lena baie hard, sommer dat die sweet sulke stroompies langs haar gesig afloop. Anderdae is sy op ‘n “slow go”, dan merk Marietjie net droogweg op: “Lena is weer nie in ‘n skoonmaak bui vanoggend nie.”   Daar was ook groot kontroversie

'n Ringetjie vir troos

Nege jaar gelede was die eerste Ma-en-dogteraand in Kakamas se ho ërskoolsaal. Ons het etlike maande hieraan gewerk. Dit was my en my ma se droom…’n aand spesiaal vir ma’s en hul dogters.   Die program vir die aand is haarfyn beplan. Die spreker het ons versigtig met die hand uitgesoek. Anelma het ons daardie aand aangeraak met die baie spesiale storie van haar lewe. Die aandjie is afgesluit deur Juf. Els en haar meisiekind Lené. Hulle het nog “Dankie ma” gesing. Ek onthou elke besonderheid van die aand nog so duidelik.   Ek onthou selfs die mooi wit hempie wat ek by Wilma geleen het. Die Nel-sussies het daardie dae net plaasklere, kerkklere en dorpsklere gehad. Ons het nie ietsie meer “bling” vir ‘n spesiale aandjie gehad nie.   Twee jaar later was Marietjie se beurt. Sy en Mamma het die aand met dieselfde entoesiasme aangepak. Hulle kon nou verbeter op my foute. Ek was nou al ‘n tweedejaar op Kovsies, maar ek het net besluit dat ek nie bereid was om Marietjie se belangrike aandjie

Hiepie-Haai

Image
As jy musiek hoor, onthou om te dans, die lewe gee jou net een kans .   RSG speel vrolik al van vroegoggend af in ons koue kombuisie met skoonpa se mooi affodille in die vensterbank. Terwyl ek die wasgoed uithaal, begin speel Hiepie-Haai van Jak de Priester. Ek gooi sommer die bondel klere net so op die kombuisvloer om eers van die woorde te gaan neerpen.   My “Ruff day” notablok op die yskas is die naaste.   Later gaan stap ek ‘n draai en die liedjie bly steeds in my kop. Ek begin dink aan alle riele wat ek al gedans het. Die mooi musiek wat so dikwels in my lewe speel. Musiek wat verdien om op gedans te word!   Ek onthou Vrydae in Kakamas. Ek onthou die laaste periode en die groot afwagting as jy koshuis toe stap. Jy weet die wit “double cab” staan voor die koshuis. My pa is reeds besig om die dieselkanne so te rankskik dat die koshuissakke langs die kanne kan inpas. Mamma is waarskynlik besig om die koek by die huis te versier – sodat dit gereed is vir koffietyd as ons by die h