Posts

Showing posts from April, 2012

Jaag jou passie na!

Image
William Grant was born in Dufftown in 1839. The young Grant worked at Mortlach Distillery and dreamed of one day running his own distillery. He worked hard and saved and in 1886 Grant and his 9 children laid the first stone of the Glenfiddich Distillery. It was Christmas Day 1887 when the first spirit ran from the stills                 William was verseker ‘n man met ‘n passie vir sy whisky. Vandag is Glenfiddich die gewildste whisky ter w ê reld. Steven en Dianne het ho ë poste beklee in Londen, maar die gejaag het te veel geword. Vandag besit hulle ‘n gastehuis in Tomintoul se hoofstraat. Tomintoul is nie baie groter as Pofadder nie. Hulle het egter ‘n passie vir wat hulle doen. Dit kan jy sommer sien met die intrapslag in hul gastehuis. Argyle Guest House word deur hulle bestuur met ‘n huppel in hul stap.                                                          Argyle Guest House   My pa het altyd ges ê hy kan niks anders wees as ‘n boer nie. Hy’s lief vir sy skape. Sy netjie

Skotland is Boesmanlandmooi

Image
Ek s ê dit nie maklik nie. Niks kom ooit naby die Boesmanland se mooi nie. Dis ‘n anderster mooi. Dis ‘n mooi wat wil verstaan word. Skotland is Boesmanlandmooi.   Dis die eerste keer in my lewe dat ek iets sien wat Boesmanlandse betowering inhou.     Etlike myle uit Endinburgh sms ek my pa: “Pappa, hier’s ‘n plek wat vat-vat aan Boesmanlandmooi.”   Skotland is heuwels en heuwels groen, so ver as jou oog kan sien. Lappies sneeu l ê plek-plek. Orals wei skape rustig in die veld. Dalk is dit juis die skape wat my so tuis laat voel het. Plaasopstalle met eenvoudige huise is volop. Ry jy daar verby, ruik jy die koeimis van die beeskraal net langs die huis. Di è reuk is gemeng met die kaggelrokie wat by die huis se skoorsteen uitsweef. As ek my o ë toemaak kon ek Makkiesplaas op ‘n wintersoggend ruik – as my ma se houtstoof brand vir koekies bak en sop kook. En dan is daar die oorbekende wasgoeddraad wat op elke werf vol wasgoed is.   Ek was niks lus vir gesels vanaf

Dis die lewe

Image
Ons gaan gooi sowat ’n week gelede ’n draai in die Cotsworlds. Net vir een nag. Ons moet gaan groet voordat ons teruggaan Suid-Afrika toe. Broadway is immers waar ons storie saam begin. Dit was voor die “Broadway Castle” waar my man op sy knie ë gegaan het om die groot vraag te vrae.   Ons sien kinderlik uit na ons Broadway uitstappie. Ons slaap Sondagaand in die   Lygon Arms hotel, ons gaan eet aandete by dieselfde “pub” waar ons byna twee jaar gelede ook aandete ge ë et het. Ons drink baie glase rooiwyn en ’n soet, maar behaaglike Tia Maria na aandete. Dan stap ons in ligte re ë ntjies terug na ons hotel.   En die lewe is soet. Koeksistersoet.   Net voor ons wegraak in droomland besluit ons om net na ontbyt die volgende oggend die heuwelpaadjie aan te vat – op na ons kasteel toe. Ons sal sommer net gaan sit voor ons kasteel en die prentjiemooi uitsig bewonder. Dis so mooi van daar bo af. Ek het juis my hart op Engeland verloor daar voor die “Broadway Castle”. Van daar bo af voel

My laaste dag

Image
Ek maak vandag ‘n hoofstuk klaar. Vanoggend was die laaste keer dat ek my swart langbroek en wit hempie aangetrek het. Oor ‘n uur sal ek vir die laaste keer ‘n bruin voorskoot om my middel bind vir koffie bedien in Frothy’s.   Voel ek uitbundig en verheug oor ek my kortstondige “waitress”-loopbaan totsiens wuif?   Hoegenaamd nie. My hart voel vanoggend broos. Frothy’s het meer as net ‘n koffieplek vir my geraak. Ek het liefgeraak vir Sue, die kok in die kombuis. Abbie en Naomi wat saam met my bedien, het goeie vriende geraak. Die reuk van koffie en die klank van die koffiemasjien, met “Rutland Radio” wat op die agtergrond speel, het my veilige werksomgewing geword.   Ek het geleer dat mens jou “customers” in ‘n koffieplek onthou aan die drankies wat hulle drink. Daar’s die “full fat” Café Latte dames wat langsaan werk. Daar’s die blondekop wat soggens op ho ë hake ingetrippel kom vir haar “green tea”. Dan is daar Margaret en Sue en Joy en Allen en Polly en Steven en Allister. Hulle

Wees waaghalsig, of...

Image
Sowat ‘n week terug het ek my man se motor vir die heeldag. Ek beplan dae vooraf al waarheen ek orals sal gaan. My dag sal afskop met ‘n koffie by die naaste Starbucks, besluit ek kinderlik opgewonde. Stamford het nog nie ‘n Starbucks nie. Dis waarskynlik waarom ek steeds ‘n besoek aan Starbucks as baie spesiaal ag.   Ek vermoed ek’s Donderdagoggend Peterborough se Starbucks se heel eerste kli ë nt. Ek vra eers na ‘n koerant voordat ek my koffie sal bestel. Jammer, geen koerante nie, verduidelik die baie vriendelike “waitress.” Net koffie en koek en ander lekker goed. Dan sal ek eers ‘n koerant moet gaan soek, deel ek haar mee. Ek sal terug wees.   Ek stap verby twee ander koffiewinkels met koerante op my soektog na ‘n koerant vir my Starbucks bederf. En ek wonder sommer half vies waarom alle koffieplekke in Engeland dan nie koerant het nie.   Koerant vasgenyp onder die arm met hande diep in my jassakke baan ek my weg terug. Soveel drama vir koffie drink op my manier.   Ek kies my

Rietjies se plaasverjaarsdag

Image
Gister was my Pofadder Marietjie-sussie se 25ste verjaarsdag. Ek het haar al vroegoggend gebel. Ek wou eerste wees met my se ë nwense. Sy sms bietjie later, sy het laat ingel ê . Dis mos haar verjaarsdag. Is ek nou laf om so vroeg te bel?                                                      Marietjie op haar troudag laasjaar   Ek besluit om laataand eers weer te bel. Haar laaste oproep vir die dag.   Skuins na 22:00 kry ek haar op die telefoon. Ek sing eers vir haar voordat ons begin gesels. My hart was heeldag broos oor hierdie krulkop altyd-vol-vreugde middelsussie van my. Verjaarsdae is mos belangrik en hare het hierdie jaar sommer net so stil-stil gekom en gegaan.   “My dag was heerlik,” kom haar stem vrolik duisende kilometers oor die water. “Stan het teetyd ingekom vir koek en tee. En toe geniet ons tweetjies dit te heerlik op die stoep. Ons het sommer vir Piet en Lena ook koek en tert gestuur. Hulle was vreeslik bly ek verjaar. Toe het ek bietjie op die ashoop gaan rondloop