Jaag jou passie na!

William Grant was born in Dufftown in 1839. The young Grant worked at Mortlach Distillery and dreamed of one day running his own distillery. He worked hard and saved and in 1886 Grant and his 9 children laid the first stone of the Glenfiddich Distillery. It was Christmas Day 1887 when the first spirit ran from the stills
          
    
William was verseker ‘n man met ‘n passie vir sy whisky. Vandag is Glenfiddich die gewildste whisky ter wêreld.

Steven en Dianne het hoë poste beklee in Londen, maar die gejaag het te veel geword. Vandag besit hulle ‘n gastehuis in Tomintoul se hoofstraat. Tomintoul is nie baie groter as Pofadder nie. Hulle het egter ‘n passie vir wat hulle doen. Dit kan jy sommer sien met die intrapslag in hul gastehuis. Argyle Guest House word deur hulle bestuur met ‘n huppel in hul stap.
                                                         Argyle Guest House

 My pa het altyd gesê hy kan niks anders wees as ‘n boer nie. Hy’s lief vir sy skape. Sy netjies kampdrade is sy trots. ‘n Windpomp wat sterk water gooi en ‘n mooi en fluks ram maak hom opgewonde.


 My Marietjies-sussie woon klipgooi van Pofadder af…en sy is ‘n huisvrou met ‘n passie vir wat sy doen. Sy raak opgewonde oor ‘n boerbrood wat netjies rys. Sy hekel en maak voorskote. Sy bak kleinkoekies en karringmelkbeskuit. Sy lê in en droog uit. Sy is gek oor haar plaashuis en haar sonninge voorstoep.
                                                    Haar nuutste projek - gehekelde kopband


In Tomintoul, Skotland, is ‘n piepklein winkeltjie genaamd die Whisky Castle. Daar sal jy vir Mike kry, besig om iemand te leer oor whisky. As die man begin praat oor whisky kry jy hom nie gestop nie. Dis passie. Hy is versot op sy “castle” en al die whisky daarin.


  Passie is iets waarna ek ure kan sit en kyk. Dis die vrugteverkoper op straat wat sy werk werklik geniet en vrugte op ‘n uitbundige manier verkoop. Dis die “cupcake” stalletjie waar Barbara die mooiste “cupcakes” verkoop omdat sy vrek oor “cupcakes” bak en versier.

 Follow your passion, and success will follow you. ~Terri Guillemets

 As jy nog nie jou passie het nie…jaag dit na. Ons wêreld kan doen met ‘n bietjie meer passievolle mense! En ek glo dat die Liewe Vader elke mens met ‘n passie geskape het…

Don't ask yourself what the world needs; ask yourself what makes you come alive. And then go and do that. Because what the world needs is people who have come alive. ~Attributed to Howard Thurman




Comments

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep