Posts

Showing posts from February, 2015

Afwesigheid van Valentynsdag 2015...

My man is ‘n ewige romantikus. Daar was altyd piekniek en blomme en allerhande verrassings met Valentynsdag. Ons het mekaar bederf en verras. Die dag is met ‘n rooi sirkel gemerk gewees op ons kalender. Hierdie jaar het ons twee kinders. Die jongste is ‘n maand oud. Ons dag van liefde is hierdie jaar ‘n reuse antiklimaks. Ons besluit op ‘n teetyd piekniek op ons eie gras. Manlief slaan die gazebo op en ons gooi die kombersie wat nog uit ons piekniekdae in Engeland dateer, oop. Ek en Amé trek ons sag en vroulik in pienk aan. Ons moet darem piekniekmooi wees vir ons teepartytjie! Ek maak tee uit ouma Susie se sagtepienk rosie koppies. Saam met die tee is skons met aarbeikonfyt en room en biltong. Amé drink haar tee liefs uit ‘n blikbekertjie. ‘n Gebreekte koppie kan my dag net finaal bederf. Daniël is heel oggend onsmaaklik, maar hy gun ons genadiglik ‘n vredevolle 45minute om te smul aan ons skons en tee. So saam met my laaste happie skon kom Daniël se volgende hongerhuil.

Hannes en Tina en klein Jakob

Gisternag is dit sowaar weer so. Ek het baie deugde, maar wind uitvryf is nie een daarvan nie. Ons boetiebaba drink sommer blistig sy kwota melk. Dan worstel ek ten minste nog ‘n uur om so flou windjie uit sy onvergenoegde lyfie te kry. Dalk slaan ek hom nie hard genoeg op sy ruggie nie? Ek weet nie waar die fout lê nie. Maar 3-uur in die oggend is my tekortkoming vir my ‘n baie groot frustrasie. Nodeloos om te sê sien ek met my hele hart uit na my middagslapie vandat ek vanoggend my swaar ooglede oopdwing. Ek kan sien ons Amé-kind is ook bitter uitgeput hier teen 11-uur. Dis immers my grootste taak vanoggend: Om Amé so moeg te maak dat sy ten minste twee ure lank slaap vanmiddag. Ten minste Teen 11:35 gaan lê ek met albei ons kinders. Net toe Amé wegsak in droomland ontwaak Daniël vir sy middagkossie. Ek’s sommer baie ingenome. Teen die tyd dat hy klaar gevoed en gewind is, het ons nog ten minste ‘n uur plus se slaap oor saam met sussie. As ouerskap jou twee dinge moet le