Posts

Showing posts from September, 2016

Lente

Marli en Theunis is so lief om gisteraand by my oor te slaap sodat ek vanoggend kan gaan draf. ‘n Drafmater sê vanoggend so mooi – sy moet draf om haar brein suurstof te gee. Dan voel sy sommer vir die res van die dag goed. Manlief is Maandag Noord-Kaap toe vir die week. Hy gaan beloer en bekyk Kakamas en Namibië se mooi druifies. Vroulief moet die fort tuis hou. Maar hierdie vroulief se brein raak suurstoftekort as manlief te lank weg is. Dit is dus vanoggend die grootste geskenk om met my liefste pienk draftekkies die teerpad aan te durf om 5h saam met Wellington se ander ywerige drawwers. Die lug ruik na jasmyn en pronkertjies. Toe ek my voordeur instap is ek sopnat gesweet en my kop is vol blomgeure. Ek voel die lewe bruis in my are. Wat doen jy hierdie lente om te voel jy LEWE? Behold, I make all things NEW. Rev. 21:5

'n Koffiestop by my niggie se koffieplek

Image
  Saterdagoggend ry ons uit pure nuuskierigheid Worcester toe – vir koffie en koek by my niggie se nuwe koffieplek. Wat ‘n aangename verrassing. Die koffieplek is deel van ‘n gallery en sit aan die begin van Baringstraat. Ek verloor sommer met die intrapslag my hart op die groot boom en die stoep. Enige werf met ‘n groot boom en ‘n breë stoep moet ‘n gelukkige plek wees. So glo ek.   ‘n Groepie vroue is onder die groot boom besig met kunsklasse. Elkeen is verdiep in hul eie kunswerk. In die agtertuin vier ‘n groot groep iemand se kombuistee. Dit klink na ‘n uitbundige gedoente. En iewers tussen die groepie wat skulder en die groepie wat fees vier, skrop ons vir ons ‘n gesellige hoekie op die stoep. Die diens is uitstekend en die kos is heerlik. Ons kinders kry spesiale aandag en geniet die koffiedrink ook terdeë. Ek en manlief smul aan heerlike reënboogkoek, en dis so lekker dat ek sowaar vergeet om dit af te neem. Spesiale aandag aan die fynste besonderhede i

Lente DECLUTTERTING

Image
Clutter is in ons DNA. Ouma Susie, ek’s haar naamgenoot, was absoluut die moeder van clutter . By haar voordeur was altyd van daardie groen paddatjies wat alte gesellig op ‘n bankie sit en jou vriendelik groet so met die intrapslag. Daar was die goetertjies teen die muur, bordjies in die potte en so kan ek voortgaan. Dit was destyds geen grap om ons grootwordhuis op te ruim na my ma na haar hemelse huistoe is nie. Toe trouklokkies weer vir my pa lui, moes ons sorteer, wegsmyt en uitdeel. Daar was so baie goeters. Nou veg ons sussies dieselfde stryd.  Want Clutter is in ons DNA. Clutter is oudmodies en onnodig. Marie Kondo, ‘n fyn Japannese dametjie, het die appelkar kom omsmyt. Sy’t besluit: Kláár met clutter . Marie Kondo het die mega best seller THE LIFE CHANGING MAGIC OF TYDING UP geskryf. Gaan google haar gerus, of gaan bekyk haar webtuiste , tydingup.com . Dis eintlik blykbaar vreeslik eenvoudig – jy moet elke item in jou huis vat en jouself afvra, bring die ding