Lente

Marli en Theunis is so lief om gisteraand by my oor te slaap sodat ek vanoggend kan gaan draf. ‘n Drafmater sê vanoggend so mooi – sy moet draf om haar brein suurstof te gee. Dan voel sy sommer vir die res van die dag goed. Manlief is Maandag Noord-Kaap toe vir die week. Hy gaan beloer en bekyk Kakamas en Namibië se mooi druifies. Vroulief moet die fort tuis hou. Maar hierdie vroulief se brein raak suurstoftekort as manlief te lank weg is.

Dit is dus vanoggend die grootste geskenk om met my liefste pienk draftekkies die teerpad aan te durf om 5h saam met Wellington se ander ywerige drawwers. Die lug ruik na jasmyn en pronkertjies.
Toe ek my voordeur instap is ek sopnat gesweet en my kop is vol blomgeure. Ek voel die lewe bruis in my are.

Wat doen jy hierdie lente om te voel jy LEWE?


Behold, I make all things NEW. Rev. 21:5

Comments

Popular posts from this blog

Foto's vertel stories

Ons Veldhuisie stap

Skuinskoekstorie en resep