Posts

Showing posts from October, 2010

Eet, bid, liefwees

Image
Eet, bid en liefwees Vandag het niks gebeur nie. En tog ook so oneindig baie wat nie met die oog gesien kan word nie. Vanoggend is ek vroegoggend by Corieta weg nadat ek en sy gisteraand weer ons spesiale fliek-en-visaande gehad het. Oppad terug na my huisie het Celine Dion se Goodbye’s baie skielik en onverwags begin speel, liedjie nommer sewe op die spesifieke CD. Ek ken die nommer, want ander dae “skip” ek dit. Dit begin so: Mama, you gave life to me, Turned your baby into a lady, Mama, all you had to offer, Was the promise of a life time of love...   My hart was skielik alweer so baie seer. By die huis gekom het ek traag begin aantrek vir kerk. Daar, op die ingewing van die oomblik besluit ek toe om iets te doen wat ek nog nooit vantevore so blatant oorweeg het nie: Ek besluit dat ek vandag kerk gaan bank. Ek gaan Worcester toe ry vir Mug and Bean-koffie en ’n huil-fliek. Ek besef dat nie die koffie of die fliek of die brandstof ingereken is in hierdie maand sê baie mooi beplan

Liefde vir padkos

Image
Die matriekafskeidrok waarin Ilse haar moes dieet het perfek gesit – net soos dit moes. Tannie Elaine (haar ma)   het prentjiemooi en skraal gelyk vir die matriekafskeiddrankies vooraf waarheen die ouers ook genooi is... Ilse & tannie Elaine Die vakansie het uiteindelik aangebreek en sommer met die eerste naweek na die matriekafskeid   word daar geëet asof dit oordeelsdag is.   ’n Ou pasta’tjie met ekstra room en kaas, tesame met ’n glasie witwyn vir saam met die ryk pasta, is op die spyskaart vir die Saterdagaand. Na die uiteet vat ons ’n koffietjie met van Cadbury se lekker nuwe “flavours” sjokolade...sommer net vir ’n laatnag happie so by die lekker kuier. Sondag is kuiertyd saam met die familie. Tannie Elaine en Ilse kom laatnamiddag eers by die huis: Vrolik en baie versadig. Daar’s blykbaar gekuier om ’n spit met lekker slaaie en nagereg daarna. Sondagaand kondig tannie Elaine aan dat sy nou regtig nie meer kan eet nie. Sy het lanklaas so klomp kos op een naweek geëet. Dan bie