Posts

Showing posts from January, 2012

Waar sussies ontmoet

Image
Ons w ê relde verskil soos dag en nag. Ek woon in Engeland en sy op ‘n plaas naby Pofadder. Ek woon in ‘n piepklein regop huisie, een straat van Stamford se “High Street” af sonder ‘n beduidenis van ‘n tuin. My enigste tuin is my lieflike ligpienk Natasha-roos en my vrolike bolle wat my skoonpa vir my in Bernie se mooi handgemaakte houtbak geplant het. Haar huis het ‘n bre ë plaasstoep met gras en sonneblomme en angeliere wat nou uitbundig blom.                                                        Tommie by sy swembad   Sy maak elke dag van haar lewe boerekos. Rys, vleis en aartappels is stapelvoedsel. Saterdagaande eet hulle braaivleis. Wel, hulle eet minimum een maal per week braaivleis. Sy bak boerbrood en l ê in. Sy gaan pluk wortels en beet uit hul eie tuin vir groentekos. Sy bak kleinkoekies en maak al ouma Gerrie se koekblikke tot bo toe vol. Haar huis het altyd vars koekies en beskuit. Sy lap haar man se stukkende kortbroeke met blommetjieslap en het altyd ‘n naaldwerkp

Cream Soda in Tygervallei

Image
Wimpy in Peterborough Saterdagm ô re, so knap voor ons terugvlieg na die koningin se eiland, besluit ek en manlief om vir oulaas ‘n swikkie te gaan maak by Wimpy in Tygervallei. Ek vra vir ‘n tafel tussen die mense, in die middel rond. Ek wil mense kyk en vir oulaas Afrikaans h óó r.   Ons het skaars gesit of Lambrecht wys met sy o ë dat hy wil skuif na die eenkant tafel in die hoek. ‘n Man aan die tafel teenaan ons s’n eet half wild aan sy kaashamburger. Ek kan nie lekker besluit of sy etery my man se eetlus gaan demp of hom juis lus maak vir ‘n kaasburger nie.   Ek skud egter my kop beslis. Vanoggend wil ek g’n eenkant sit nie. Ek wil deel wees van ons kleurvolle geroesemoes. Vir oulaas.   Genadiglik neem dit die kaashamburger man nie te lank om sy burger te verorber nie. Intussen het Elvina kom vra wat ons sal eet. Elvina staan die gangetjie tussen die Wimpy-tafels vol, maar sy het ‘n dierbare geaardheid. Dit sal chips en ‘n cream soda wees, besluit my man maklik. In Engel

Reën in die Boesmanland

Image
Dit re ë n op hierdie oomblik in die Boesmanland. Ek weet, want my Pofaddersussie het laat weet toe die eerste druppels val en die aarde ruik na vars stof.   Inteendeel, sy het al vanoggend laat weet dat die re ë nwind waai en teen middagete het die eerste donderweertjies blykbaar begin opsteek op die regte plek. Ek wou weet van elke nuwe donderweerwolk…   Sien, re ë n in die Boesmanland is baie anders as re ë n op enige ander plek in die w ê reld. Die stilte en afwagting wat Boesmanlandre ë n voorafgaan, grens aan heilig. Die opwinding wanneer die druppels hard op die sinkdak neerplof, is onbeskryflik. Die dankbaarheid daarna, as vuil modderspore op jou stoep kom plekmaak, verstaan net ‘n Boesmanlander.   Ons het grootgeword met die re ë nklokkies op die stoep. As die klokkies klingel, waai die re ë nwind. As die eerste weertjies in Pofadder se rigting begin saampak, is dit goeie nuus. Dan kan jy maar op die uitkyk wees vir miere wat wanhopig kossies na hul gat dra, ‘n bloukopkogg

Oujaar op Pofadder

Waarheen ons sou gaan vir Nuwejaarsvieringe, was nie ‘n ligtelike besluit nie. Ons het al ons opsies opgeweeg. Die voor-en nadele van elkeen eers mooi oorweeg ten einde ons die groot besluit geneem het.   Ons wou 2012 op Pofadder ingaan. Daai mense kan immers partytjie hou!   Die oujaarsdans sou in die Pofadder Boereverenigingssaal wees – slap regs soos jy Pofadder in ry. Ons verneem vooraf dat Riaan van Kakamas af sal kom musiekmaak. Uit ondervinding weet ons dat Riaan sy storie ken. Dis waarom twee van ons drie sussies op Riaan se nommer gedruk het met ons troues. (Marli weet by voorbaat dat dit tradisie is. Sy sal dus nie durf waag om eers ander kwotasies aan te vra as trouklokkies vir haar lui nie!)   Ons trek ons beste klere aan voordat ons in die pad val vir die oujaarsdans op Pofadder. Kleinsus Marli en die appel van haar oog, Andr é , vang ‘n geleentheid saam met ons na Pofadder. Oppad begin bou ons solank bietjie gees. Manlief eet verwoed aan die Fizzers wat deel was van s