Posts

Showing posts from October, 2019

Bederfbokse in die droogte

Ek kan nie onthou hoe oud ek was nie. Dalk Sub.A of B. Ons was in Kakamas vir die naweek. My ma het sommer so op die bed met ons sit en gesels. Skielik was sy ernstig. Dis droog op die plaas en ons moet my pa mooi probeer help. As ons winkel toe gaan moet ons nie onnodige goed koop nie. Ons weet mos een van die dae re ë n dit weer en dan is alles weer beter. Ek sal dit nooit vergeet nie. In my grootraak jare op Makkiesplaas was daar baie droogtes. Dit voel vandag of ons maar altyd aan’t bid was vir re ë n.   Die re ë n was egter altyd betyds. Die watertenk agter by ons kombuis was nooit droog leeg nie, dan kom die volgende re ën. Die veld rondom die begraafplaas was nooit morsdood nie. Na die geringste reëntjie het die langbeen boesmangras gewillig begin lewe kry. Net wanneer jy regtig benoud wou begin raak, was die uitkoms daar. Hierdie keer is anders. Eintlik wil ek nie aan Makkiesplaas dink nie. Ek wil my kop soos ‘n volstruis in die sand druk en vergeet. Ek wil ni