Posts

Showing posts from January, 2021

Ons DAPPER kleuters

Image
  Vandag skop ek my jaar af by die kleuterskool waar ek werk. Gemasker. Onseker oor hoe dodelik en gevaarlik hierdie nuwe “strain” nou regtig is. Klein kinderlyfies skop hulle skooljaar in hierdie covid-era af – vir ‘n handjievol is dit hul heel eerste keer by ‘n skool. Hulle word ontvang deur vriendelike tannies wat nie kan wag om te begin leer en speel saam met hulle nie. Maar die tannies se glimlagte is agter maskers. Elke kindjie se koors moet eers gemeet word en hulle handjies gewas voordat hulle kan hardloop na die klimraam en sandput vir speel. Die “oud-skoliere” kom staan met ‘n glimlag sodat hul koors eers gemeet kan word. Hulle was hulle handjies deeglik. Die nuwe outjies is meer versigtig en onseker, maar NIEMAND weier om te staan vir die koorsmeting of handjies was nie. Iewers deur die oggend tref dit my ... ons maak ‘n dapper generasie groot. Baie dapper. Hulle kla en mor en prut en neul nie oor die “nuwe normaal” nie. Die klomp keer se hande was raak pret. Die koors