Posts

Showing posts from April, 2019

'n Koppie Tee

Een maal ‘n jaar gaan my sussie-hulle se Lena vir ‘n maand lank op vakansie vir kuier by haar familie in Kuruman. Dis nou daardie tyd van die jaar. Marietjie se boodskap gisteraand laat is duidelik ‘n manier om emosioneel te ontlaai. Teen 9-uur gisteroggend het sy nog nie ontbyt oor haar lippe gehad nie. Haar jongste, George (1) was toe reeds gereed vir sy oggendslapie. AndrĂ©a (3) was gereed vir teetyd met tee en koekies en hul oudste Anmari (5) was besig om ‘n soektog te loods na grimering sodat sy haarself gereed kan kry vir haar dag. Toe is dit nog net 9-uur. Van daar het sy ‘n poging aangewend om huis skoon te maak met drie kinders in die omtrek. Middelste het met haar vuil dogtertjievoetjies agter Marietjie aangestap – deur die huis op die nat en skoon vloere. Dit het sy eers na die tyd ontdek. Jongste wou gedurig op die koffietafel staan om deur die venster te kyk. Sy moes net keer – want bloed op ‘n Maandagoggend is die laaste ding wat mens nodig het! Maar sy is nou gerat