Posts

Showing posts from 2018

Feestyd = Rustyd

Gister namiddag gaan tel ek ons kinders by Jaco en Sarah op. Hulle het ‘n bietjie daar gespeel terwyl ek vinnig probeer inpak vir vandag se vertrek na Hermanus vir ons Coetzee Kersfees. Jaco en Sarah sit en speel kaart met glase witwyn – min wyn met baie ys. Die kinders is besig om ‘n danspartytjie te hou in opdress klere. Die prentjie lyk feestelik. Die Else het in rus ingegaan vir die feestyd. Ek onthou die feesseisoen as kind. Soggens is alle nodige take verrig. Na ‘n middagslapie voor waaiers het die hele gesin in die klipdam gaan swem om af te koel. Ek onthou nog die slymerige bodem van die dam, die duisende waterhondjies (soort vreemde swemmende gogga) en die sout sout boorgatwater in die dam. Ons mag nooit my ma se hare nat gespat het nie. Na die swem was dit koffie op die stoep, koffie en van my ma se tuisgebakte vrugtekoek. Dan het ons sommer lank so sit en kuier op die stoep voordat elkeen weer sy gang gegaan het. Desembermaand was GOEIE rustyd. My kop weet my

Tien jaar

Image
Vandag is dit tien jaar. Tien jaar het vinnig é n stadig verbygegaan. Ek wil deur die dag glip sonder om te onthou. En ek wil deur die dag gaan en almal stop en vertel. Net vir ingeval hulle vergeet het, of dalk nooit geweet het nie. My ma is vandag tien jaar al dood. Ek ontdek die boekie waarin mense op die dag van haar begrafnis boodskappe geskryf het. Die trane loop sommer net. Sonder dat ek huil. Ons dogtertjiekind wil weet of mamma huil of traan. Dis asof sy die verskil ken. Mamma huil nie, mamma traan sommer net op hierdie dag tien jaar later. My ma se “aanneemkoshuiskind” uit Namibi ë destyds het sy boodskap begin met (Ek weet hy sal my vergewe dat ek aanhaal) – “Tannie Annamarie het altyd tonne liefde gehad. Ek wil amper net dit skryf want dit was genoeg vir my.” Soms is ek so bang die herinneringe na my ma glip jaar-vir-jaar weg totdat daar niks oorbly nie. Maar hierdie enkele sin som so mooi op wie my ma was. Ek onthou van ons laaste stappies op die gro

Die beroepsweduwee

Ek dink die belangrikste om te verstaan van ‘n beroepsweduwee, is dat haar man mal is oor wat hy doen. Dis nie net sy brood en botter nie, hy kan dit ook geniet vir voorgereg é n nagereg. Dis die een ding wat, naas sy gesin, ‘n hup in sy stap sit. My man se “ding” is druiwe. As hy nie so lief was vir druiwe en alles wat daarmee saamgaan nie, is ek seker hy kon al lankal van beroep verander. ‘n Beroep wat meer geroepe is tot om-die-pot wees! Nietemin, daardie nuwejaarsaand in Kakamas toe ek hom die eerste keer gewaar en by myself dink: Dis sekerlik die mooiste man wat ek nog ooit gesien het, was hy juis in Kakamas vir DRUIWE. Ek’t dus geweet my man kom in ‘n pakket – manlief en sy druiwe-liefde. Twee kindertjies later, met ‘n derde oppad, en ‘n Jack Russel en ‘n piepklein swembad wat altyd groen raak as manlief nie tuis is nie, voel ek ewe skielik so jammer vir myself. Die beroepsweduwee. Die afgelope week is dit weer so. My naweek skop mooi af met skoon tonic met ys e

Die waarheid

Image
  Onlangs ry ons Raap-en-Skraap toe vir my stiefbroer se troue. Raap-en-Skraap is sowat ‘n 100 kilometer vanaf Pofadder. Dis ‘n lieflike stukkie oase langs die Oranjerivier. Noodgedwonge mis ons die Vrydagaand se potbrode en potjiekos en familie saamkuier. Volgens ons bronne was dit feestelik lekker. Stan (my swaer wat boer naby Pofadder) was aan stuur van die potjiekos. Stan is ‘n tydsame potmaker. Hy verstaan die ritme van pot maak. Hy weet dat brandewyn en coke en goeie geselskap deel uitmaak van die pot se sukses. My (vinnige) sussie jaag hom toe egter die spesifieke aand effe aan. Daar was immers baie mense wat moes eet – van oupas en oumas tot peuters. Die troue Om bogenoemde rede is die pot se sous toe bietjie langer as normaalweg. Dit bly ‘n uitdaging om potjiekos met ‘n lang sousie uit ‘n papierbord te eet. Stan se broer, Neal, het die potjiekos een kyk gegee en droogweg opgemerk, “Die lewe is tough , die mense moet maar deal met die sous en die papierbord.”

Kennakoffie en winkelkoekies

Image
Onlangs kom ek toevallig af op ‘n onderhoud met ‘n baie welgestelde vrou. Ten spyte van al haar aardse besittings s ê sy so mooi: “My heel kosbaarste besittings kan almal asemhaal.” Hierdie is so spesiaal - ek dra my kosbaarste besittings om my nek!  Vrydagnamiddag (Nou al ‘n maand gelede!) wil ek by ons kindertjies weet wat ek saam met hulle kan doen wat nou vir hulle baie lekker sal wees. Ek noem ‘n paar opsies ... maar niks klink vir ons twee lyfies so aanloklik soos piekniek op die dam nie. Ons stap dikwels in iemand-se-wingerd net hier agter ons kompleks. Daardie iemand-se-wingerd het ook ‘n lieflike iemand-se-dam. Dis net daar waar ons ‘n piekniekplek vind Vrydagmiddag. Ons neem net ‘n koffiefles met koffie en soet winkelkoekies saam vir ons uitstappie. Die Coetzeetjies is in die wolke. Kallie ons hond ook. Ons sit op daardie dam en lag en eet koekies en drink koffie sonder enige sorge. Vir ‘n klein tydjie maak suiker en kafe ï ene niks saak nie. Die tyd staan vir ‘n

HOOR

Image
My pa-hulle kom vir ‘n vinnige drie aande se oorslaap by die see. Hy spog dat hy vir drie dae elke dag die nuutste koerant kon lees en ‘n draairoomys kon eet. My pa kon rus van droogte en skaap voer en bekommernis. Ek is so dankbaar daarvoor. Robert het wel gebel en vir Sam verkla – die wou blykbaar nooit inval nie en het sy drie dae omgeslaap. Sy “vakansie” op die plaas was selfs rustiger as my pa sin! Gert was vir die naweek op Pofadder en het iewers Saterdagnag uit Pofadder gebel met ‘n geld nood. Iewers gedurende my pa-hul se drie dag in die Kaap (vir my familie strek die Boesmanland vanaf Wellington tot by Gordonsbaai en die Waterfront) het hulle gaan fliek by Somersetmall. Hy het die “car guard” mooi beduie dat hy asseblief die bakkie baie mooi moet oppas. Toe het hy sommer ook besluit om ‘n foto van die man, homself en die bakkie te neem, net vir ingeval die bakkie gesteel word. Indien jy gewonder het, dis nie ‘n nuwe bakkie nie. Inteendeel, my pa se dorpsbakkie het al

Oor oordeel en balletskoene

Dis Woensdagmiddag 13:00 en ek en die kindertjies is doodmoeg en honger na die skooldag. Ek neem ‘n waaghalsige besluit om net VINNIG by ‘n winkel in te glip oppad huistoe. Die kinders klim alreeds te stadig uit die motor na my sin. Dani ë l weier om uit te klim as hy nie eers sy Crazy Store sonbril kan opsit nie. Am é wil opsluit m è t haar balletklere aan winkel toe gaan. Ons drie is ‘n koddige prentjie, kan ek myself nou indink. Ek voor met my diep frons, dan ons ballerinatjie en dan haar boetie wat soos iets uit die mafia lyk. Ek jaag hulle heelpad winkel toe soos skapies aan. In die winkel is hul lysie langer as myne. Ek handel die inkopies binne ‘n oogwink af. Nou moet ons drie terug suiker motor toe. Albei kinders met ‘n sappie in die een hand en ‘n kasie in die ander. Nou wil Dani ë l ook nie meer sy bril dra nie, want hy kan nie lekker sien wat hy eet of drink nie. Am é se balletskoene pla haar en ons moet dit eers uittrek. Daar op die sypaadjie. Ek gebruik my he

Spog storie

Image
Kleine George maak Donderdag sy opwagting en die Millers hou hul asems op. Dis immers die eerste boetiebaba in hulle familie. Anmari en Andréa tel ook die slapies na hul boetie se koms. Ek praat gisteraand met my kleinste sussie wat tans die grootste is. Nee, haar lyf voel nou nie meer lekker nie. Daar lê al die laaste twee dae knippies op haar badkamer vloer wat sy net nie kan bykom nie. Dis ‘n taak en ‘n half om iets op die vloer by te kom oor haar maag. Sy was maar besig hierdie twee weke wat verby is. Sy het vier baksels koekies gebak en mooi in glasflesse verpak om vir mense te gee as dankie geskenkies. Dit was egter smiddae so warm dat sy maar voor die waterverkoeler op hul bed gesit het om die koekies op mekaar te plak. Dit was die koelste plek in hul Boesmanland huis. Ek wonder hardop waarom sy nie maar sjokolade kon koop met ‘n mooi lint om, soos normale mense maak nie. My flukse hoogswanger sus lag my opmerking af. O ja, en dan het sy nog vir haar dogtertjies e

hoop

Baie dinge kan in ‘n week se tyd verander, besef ek net die afgelope week weer. Iewers het ek tred met dag en datum verloor. Alles gebeur in ‘n ritme op ‘n tydlyn. Ek kan die kolletjies onthou en verbind, en dis dit. Baie seisoene gelede het dit my ontstel as ek nie gereeld die nuusberig op RSG hoor nie, of as ek die Saterdag se Burger misloop. Nou pla dit my eerder dat daar kindertjies honger gaan slaap, of dat mense se tuine baldadig groen is al het hulle boorgatwater – want water bly water. En dis iets wat jy nou met die grootste respek moet gebruik en verbruik! Ek praat gewoonlik op Sondae aande met my pa. Met ons laaste gesprek klink my pa maar moedeloos. Dit bly droog. Hy moet water aanry na Korannerkolk. Die probleme hou nie op nie. Ek vra nie meer uit of die skape vrek nie. Ek weet hulle doen. Ek wil dit net liewers nie hoor nie. Verlede week kom die nuus uit die Boesmanland – dit het gereën. Oppad terug van bybelstudie het die water so dik oor die pad geloop dat my pa

Stoepdans 2018

Ons besluit op die laaste nippertjie om ‘n dag langer op Millerton te bly as beplan. Mens mis nie graag uit op ‘n Millerton stoepdans nie. Saterdagnamiddag skuins voor 6 arriveer die eerste gaste. Almal is in hul netjiese nuwejaarsklere vir die stoepdans en bring-en-braai op Stan en Marietjie se plaaswerf. Die bure het sommer saam besluit om die jaar so af te sluit. My Marietjie-sus se lyf is ook al ‘n ongemaklike 30 weke ver swanger en sy verkies om eerder by haar huis te partytjie as elders. Almal bring hul eie vleis en drankies. Dit lyk aansienlik anders wanneer vleisprodusente bring-en-braai as by ons in die dorp. Hulle tel nie tjoppies per kop nie. Hulle pak ‘n braaipan taamlik vol. Vleis is daar altyd in absolute oordaad. Sarien en Jaco bied aan om die brood vir die aand te behartig. Sarien klim af met twee van daardie groot, ronde tupperware bakke wat mens kry – vol deeg. Om die kersie op die koek te sit het sy tuisgemaakte botter vir die roosterkoek. Botter wat sy self