Posts

Showing posts from May, 2021

Suikerwater en witbrood

Image
  Voor jy kinders het kan jy bedien soos Jesus bedien het, maar na jy kinders gehad het kan jy wees soos Jesus was. Neels sê dit gisteroggend so tong-in-die-kies. Dit laat my sommer terugdink aan baie lank terug toe ek ongetroud en sonder kinders was. Ek was by Bybelskool en betrokke by elke moontlike uitreik by ons kerk in Bloemfontein. Dertien jaar later sit ek by ons jongste spruit in die moederskamer. Sy pakkie rosyne lê gestrooi oor die vloer. Hy het ‘n ander maatjie in die kerk se kwakende speelgoed padda beetgekry en wil die ding om die dood nie uitlos nie. Wanneer jy op hom druk gaan daar liggies aan en hy steek sy tong uit. Dis Adriaan se beste dag ooit … met die liggiemakende, tonguitstekende, kwakende padda in die moederskamer. Om te trou is ‘n onselfsugtige ding om te doen. Om dan daarna kinders te h ê saam met jou man is in ‘n ander klas. Dani ë l kom vertel van Janru se mamma wat elke liewe dag ‘n briefie in sy kosblik sit. Mamma skryf die volgende aand die mooiste l