Posts

Showing posts from October, 2021

Die Veldhuisie verhaal

Image
  Ongeveer  12 jaar gelede het ons een sonnige Saterdag ‘n ysperpaal ingeslaan op ‘n kaal plek, langs ‘n sanderige laagte in die tuintjie se kamp. Ons mans was nog net ons boyfriends . Op die foto’s wat ons van daardie dag het, staan ons mans grappig met ‘n hamer in die hand, gereed om die paal in te slaan. Ek dink ons het nog met klein glasies wyn gecheers op hierdie paal-in-die sand. Ons sussies was so dankbaar om weer lig in my pa se o ë te sien. Na my ma se dood was die w ê reld vir lank ‘n baie donker plek vir my pa. Maar hierdie veldhuisie sou my pa en tannie Marinda se eerste projek saam wees, as pasgetroudes. Vir albei ‘n nuwe begin na ‘n baie hartseer hoofstuk. Uit die staanspoor was hul droom vir die veldhuisie dat dit moes vrede en rus bring vir almal wat daar aan doen. My en Lambrecht se eerste uitslaap sonder kinders, nadat ons kinders gehad het, was in die veldhuisie. Tannie Marinda het ons aangemoedig om ‘n aandjie “af te vat” en die kinders by oupa en ouma te los