Posts

Showing posts from January, 2018

Stoepdans 2018

Ons besluit op die laaste nippertjie om ‘n dag langer op Millerton te bly as beplan. Mens mis nie graag uit op ‘n Millerton stoepdans nie. Saterdagnamiddag skuins voor 6 arriveer die eerste gaste. Almal is in hul netjiese nuwejaarsklere vir die stoepdans en bring-en-braai op Stan en Marietjie se plaaswerf. Die bure het sommer saam besluit om die jaar so af te sluit. My Marietjie-sus se lyf is ook al ‘n ongemaklike 30 weke ver swanger en sy verkies om eerder by haar huis te partytjie as elders. Almal bring hul eie vleis en drankies. Dit lyk aansienlik anders wanneer vleisprodusente bring-en-braai as by ons in die dorp. Hulle tel nie tjoppies per kop nie. Hulle pak ‘n braaipan taamlik vol. Vleis is daar altyd in absolute oordaad. Sarien en Jaco bied aan om die brood vir die aand te behartig. Sarien klim af met twee van daardie groot, ronde tupperware bakke wat mens kry – vol deeg. Om die kersie op die koek te sit het sy tuisgemaakte botter vir die roosterkoek. Botter wat sy self