Posts

Showing posts from December, 2017

Nabetragting oor 2017

My lewe was aan die einde van hierdie jaar buite beheer – of so het dit gevoel. Daar moes te veel dinge op een slag gebeur, en daar was eenvoudig te min tyd. Dalk voel almal so in Desember. Ek het te veel gekla oor dinge waaroor ek nie wéér wil kla nie. Ek het te veel geëet van goed wat nie goed is vir my lyf nie. Ek het myself te veel  vergelyk met ander se perfekte facebook lewens. Ek het te min gelees. Ek het te min gebid. Ek het te min op die stoep gesit en luister na ons kinders se geselsies en sommer net gedagdroom. Ek het heeltemal te min gelag dat die trane loop. Toe ek twee weke gelede op Makkiesplaas arriveer, was ek soos iemand wat se ruite toe gewasem is. Jy weet mos hoe moeilik dit is om op ‘n wintersoggend deur jou ruit te sien as dit gewasem het. Die wêreld is ‘n onsigbare raaisel. Ek was dáár, absoluut vuisvoos gelewe aan 2017. Dis twee weke later en die uitsig deur my ruit is prentjie mooi. Ek sien weer. Ek het intussen ‘n paar oggende afgeskop met melkkof