Posts

Showing posts from December, 2018

Feestyd = Rustyd

Gister namiddag gaan tel ek ons kinders by Jaco en Sarah op. Hulle het ‘n bietjie daar gespeel terwyl ek vinnig probeer inpak vir vandag se vertrek na Hermanus vir ons Coetzee Kersfees. Jaco en Sarah sit en speel kaart met glase witwyn – min wyn met baie ys. Die kinders is besig om ‘n danspartytjie te hou in opdress klere. Die prentjie lyk feestelik. Die Else het in rus ingegaan vir die feestyd. Ek onthou die feesseisoen as kind. Soggens is alle nodige take verrig. Na ‘n middagslapie voor waaiers het die hele gesin in die klipdam gaan swem om af te koel. Ek onthou nog die slymerige bodem van die dam, die duisende waterhondjies (soort vreemde swemmende gogga) en die sout sout boorgatwater in die dam. Ons mag nooit my ma se hare nat gespat het nie. Na die swem was dit koffie op die stoep, koffie en van my ma se tuisgebakte vrugtekoek. Dan het ons sommer lank so sit en kuier op die stoep voordat elkeen weer sy gang gegaan het. Desembermaand was GOEIE rustyd. My kop weet my