Posts

Showing posts from November, 2016

Ouma Ans se weggooigoed

Ek praat netnou met my pa. Dit gaan goed met hom. Hy het uiteindelik sy gout-voet tot ‘n mate onder beheer. Daar’s feitelik nie ‘n pil in oom Marius se apteek wat hy nog nie probeer het nie. Dit het nogsteeds nie gere ën nie. Verder gaan dit goed. Makkieplaas se donkie brand al vir vier dae aaneen aan ouma Ans se uitsmytgoed. Hoe so, wil ek nuuskierig weet. Ons tannie Elsa van Upington het onlangs ‘n familie-whatsapp groepie begin. Die groepie se naam is OUMA ANS PLANNE, met ‘n foto van ouma Ans. Die groepie is gestig omdat Ouma moes skuif van haar Kakamas woonstelletjie na haar nuwe lewe in Upington, in die ouetehuis in ‘n lieflike kamer naby ‘n lieflike stoep. Iemand moes Ouma se goedjies kom sorteer en in bokse pak. Ouma se goed moes verdeel word want Ouma se nuwe blyplek is veel kleiner as die klein waar sy haar nou bevind. Tannie Elsa en tannie Kotie gaan pak op. Ek dink daar gaan baie lag en huil en rooiwyn in die oppak naweek. Hulle post aanhoudend ou foto’s waarop

Op die "edge'

Vandag is my ma al agt jaar huistoe. Dis die een dag in die jaar wat ek myself die geleentheid gun om goed jammer te voel vir myself. Dit bly ‘ n verskriklike seer en as ek dit hardop s ê wil ek dit amper nogsteeds nie glo nie. Maar my ma is regtig dood, verewig. Tannie Christa het destyds so ‘ n pragtige DVD gemaak met my ma se gunsteling musiek en mooi foto ’ s. Ek wou dit vandag iewers graag kyk terwyl ek alleen hartseer is. Ek wou vroegoggend opstaan en op die gras met Jesus gesels en groete stuur hemeltoe. Ek wou mooi blomme vir ons huis koop en myself met lekker koffie iewers bederf. Alles het by WOU gebly, want... Ons wonderlike Pappa Beer werk in die Noord-Kaap en albei ons kinders is die laaste 24-uur met mangelontsteking gediagnoseer. Albei op antibiotika. Die enigste rede waarom ek nou die luukse van storieskryf gegun word is omdat die kinders hang aan oom Jan de wet se lippe, terwyl ons vir my wonderlike buurvrou wag om vir Am é ‘ n setpil toe te dien. My buu