Posts

Showing posts from May, 2019

Jou X

Vanoggend glip ek gou by ‘n winkeltjie hier in Wellington in vir brood en melk. “Julle is seker Woensdag toe om te gaan stem?,” vra ek so half terloops. Die vrou agter die till verduidelik dat hulle moet beurte maak om te gaan stem, want die winkel moet oop bly. “Weet jy hoe moeilik gaan dit wees om taxi’s te kry. Weet jy hoe lyk die rye in die townships waar ek moet stem?” vra die vrou. Dis waarom sy liewer nie gaan stem nie. Buitendien maak almal nou die mooiste beloftes waarvan daar niks gaan kom nie. Ek vra haar of sy kinders het en sy vertel trots van haar drie kinders. “Dis waarom jy moet gaan stem. Ons doen dit vir ons kinders. Ons wil h ê die gety moet draai en daar moet ‘n blink toekoms wink vir ons kinders hier in Suid-Afrika,” probeer ek haar vir oulaas oortuig voordat ek uitstap. Sy glimlag net. Ek hoop sy gaan tog maar Woensdag stem. Alhoewel ek net ‘n huismamma is wat weinig weet of verstaan van politiek, voel ek vreemd optimisties. Ek bid saans om 21:

Oupa en Daniel boer

Onlangs gaan kuier ons ‘n bietjie by oupa Andr é en ouma Marinda op Makkiesplaas. Een oggend kondig Oupa aan dat hy gou die oggend moet water aanry na die een plaas. Ek weet dis nogal ‘n entjie se ry en ‘n heel paar hekke, maar Dani ë l is baie beslis: hy wil saam met Oupa gaan boer. Hy wil net dringend weet of ons padkos kan saamstuur asseblief. Ouma Marinda pak ‘n klein koelsakkie stampvol padkos. Ek loer nuuskierig deur die kos voordat ek aan Dani ë l oorhandig. Ek sien daar is van dro ë vrugte tot grondboonjiebotter-en-stroopbroodjies tot biltong en chips. Ouma het aan alles gedink. Hulle neem ook Oupa se blou waterbottel saam. Dani ë l dring daarop aan om sy vellies aan te trek vir die uitstappie. Sy glimlag gaan rondom sy kop toe hy met sy vellies en koelsakkie saam met Oupa voor in die bakkie klim. Teen middagete wil ek by tannie Marinda weet hoe laat hulle min of meer sal arriveer. Sy wou nie vooraf waarsku nie, want netnou sou ek Dani ë l nie saamstuur nie, maar Da